12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Regsake

Maandag 2 Desember 2019

Regsake

Igna Klynsmith bespreek die volgende regsvrae met Ian Wessels: Moet iemand wat aan strafbare manslag skuldig bevind is, swaarder gestraf word as drie mense in 'n ongeluk gesterf het teenoor net een? Wie is aanspreeklik as iemand in 'n winkelsentrum beseer word weens die nalatigheid van veiligheid- of skoonmaakpersoneel? Is werknemers geregtig op bonusse en verhogings, en is 'n stapelaar 'n motorvoertuig?

Maandag 25 November 2019

Regsake

Wat gebeur met jou aandele in 'n privaatmaatskappy wanneer jy te sterwe kom? Wat is die invloed van sakeredding op regsaksies en borge? Wie is aanspreeklik vir skade of beserings wat op skoolgronde opgedoen word? En watter wetgewing is van toepassing op vonnisse, wat vir verkragting opgelê word?

Maandag 18 November 2019

Regsake

Trou jy binnekort? Igna Klynsmith verduidelik die aanwasbedeling en watter bates daarvan uitgesluit sal wees. Hy werp ook lig op aktuariële berekeninge oor die verlies aan inkomste, en bespreek twee hofsake teen makelaars oor beleggings in Sharemax.

Maandag 11 November 2019

Regsake

Igna Klynsmith praat met Ian Wessels oor die erf van vuurwapens; die implikasies daarvan om as getuie te teken; die gevolge van insolvensie van 'n langtermynhuurder vir die verhuurder; en wat om te doen as jou kontrak nie 'n kansellasieklousule bevat nie. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor die hersiening van staatstenders.

Maandag 4 November 2019

Regsake

Word die eksekuteursgelde van 3,5% op die volle gemeenskaplike boedel bereken, of net op die oorledene se helfte? Wat is die verskil tussen crimen injuria en strafregtelike laster? Kan net 'n prokureur 'n boedel by die meester aanmeld? Igna Klynsmith bespreek ook 'n hofsaak oor heraanstelling ná onregverdige ontslag, en konsepwetgewing oor die akkreditasie van kursusse.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: