15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Regsake

Maandag 10 Februarie 2020

Regsake 10 Februarie 2020

Rina Gunter sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor onregmatige mededinging, handelsmerke en patente.

Maandag 3 Februarie 2020

Regsake 3 Februarie 2020

Wanneer is 'n mens verplig om 'n misdaad te rapporteer? Hoe kan jy jou kriminele rekord weer skoon kry? Wanneer moet die minister toestemming gee vir prospektering en mynbou-aktiwiteite? Igna Klynsmith bespreek ook sterftevoordele uit pensioenfondse.

Maandag 27 Januarie 2020

Regsake 27 Januarie 2020

Igna Klynsmith bespreek 'n dominee se kwelling oor 'n drankwinkel wat langs sy kerk wil open. Wat behels die wetgewing oor die verkoop van tweedehandse goedere, en is dit effektief om bedrog te bekamp? Igna verduidelik ook die belang daarvan om kinders se menings te hoor in hofgedinge tussen hulle ouers oor hulle toesig.

Maandag 20 Januarie 2020

Regsake 20 Januarie 2020

Wanneer is jy verplig om jou huiswerker vir werkloosheidsversekering te registreer? Wie betaal eksekuteursfooie as daar 'n kontanttekort in die boedel is? Is dit nalatig van onderwysers om kinders in die klas sonder toesig te laat? Igna Klynsmith bspreek ook hofsake oor 'n student wat van 'n bewegende trein afgespring het, en die straf van 'n pa, wat sy seun vir 'n rower aangesien en hom doodgeskiet het.

Maandag 13 Januarie 2020

Regsake 13 Januarie 2020

Wat het die onlangse Appèlhofsaak verander aan die definisie van haatspraak? Is dit skending van kopiereg as jy net 'n paar sekondes van iemand anders se liedjie gebruik? Wanneer sal jy aanspreeklik wees as jou werker in die uitvoering van sy pligte deur weerlig getref word? Igna Klynsmith bespreek ook die straf van iemand wat 'n rob geslaan het, en wat oorlas in die burgerreg behels.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: