15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Nou op die lug: 17:45 - 18:00

Brandpunt

Volgende: 18:00 - 18:10

Nuus & Weer

18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Regsake

Maandag 16 Maart 2020

Regsake 16 Maart 2020

Igna Klynsmith verduidelik die regsreëls oor verhuring en deposito's, en wat jou te doen staan as iemand wat jou geld geskuld het, oorlede is, maar jy versuim het om dit van sy boedel te eis. Kan jy dit van 'n erfgenaam verhaal? Igna beantwoord ook 'n ongewone vraag van 'n luisteraar wat beweer hy het sy vriendin se huis aan die brand gesteek omdat iemand hom met die hulp van die duiwel getoor het.

Maandag 9 Maart 2020

Regsake 9 Maart 2020

Igna Klynsmith gesels verder oor skuldhersiening vir individue. Ander onderwerpe wat bespreek word, sluit in die besoekregte van pa's van buite-egtelike kinders; die regsposisie van vrouens in poligame gewoontereghuwelike; en wanneer die howe sal afwyk van die gebruiklike reël dat die verloorder in 'n hofsaak die wenner se regskoste moet betaal.

Maandag 2 Maart 2020

Regsake 2 Maart 2020

Soms verskil naasbestaandes oor die oorledene se begrafnisreëlings, of wie die draers moet wees, maar wie se besluit is dit? Wat behels sakeredding vir besighede, en watter magte en bevoegdhede het die persoon wat as sakeredder aangestel word? Hoe verskil dit van skuldhersiening vir individue?

Maandag 24 Februarie 2020

Regsake 24 Februarie 2020

Is 'n man gebonde aan sy belofte om vir sy vrou 'n motorfiets te koop? Is kredietwetgewing van toepassing op skikkingsooreenkomste? Wanneer moet albei gades getroud in gemeenskap van goed, kontrakte onderteken? Igna Klynsmith bespreek ook hofsake oor gewapende betogers, en dispute tussen deeltiteleienaars en hulle beheerliggame.

Maandag 17 Februarie 2020

Regsake 17 Februarie 2020

Igna Kynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Die gebruik van vuurwapens op kleinhoewes; vervolgsieke mense wat oor alles wil "prosedeer"; 'n munisipaliteit se plig om skade deur vloedwater te verhoed; veranderings in die hantering van eise teen die staat se pensioenfonds, en wanneer kan 'n ma haar kind se van verander sonder die biologiese pa se toetstemming?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: