21:20 - 22:10

Die beste van...

Met Ettienne Ludick

Nou op die lug: 22:10 - 23:00

Laataandkuier

Met Ettienne Ludick

Ettienne Ludick

Volgende: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

23:10 - 23:59

Tjil

Met Ettienne Ludick

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Regsake

Sondag 28 Junie 2020

Regsake 29 Junie 2020

Igna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Wetgewing oor diskriminasie teen gestremdes en outistiese kinders; 'n Appèlhofuitspraak oor die reg op toegang tot inligting wat deur die Reserwebank gehou word; die vereistes vir 'n boer om fonteinwater op sy plaas te bottel en te verkoop; en praktiese raad oor begunstigdebenoemings van pensioen- en polisvoordele.

Sondag 21 Junie 2020

Regsake 22 Junie 2020

Waarom word 'n dwelmhandelaar nie aangekla van poging tot moord nie? Wat is jou opsies as jou huisverband afbetaal is? Probleme met 'n testamentêre trust wat bepaal dat vyf van die erflater se eiendomme aan die trust oorgedra moet word, maar dit is nooit gedoen nie. Wetgewing oor kwelsugtige litigante, en wat bewys moet word as jy wil eis vir beserings in 'n winkel opgedoen.

Sondag 14 Junie 2020

Regsake 15 Junie 2020

Igna Klynsmith bespreek die volgende sake met Ian Wessels - 'n "Slim" prokureur waar slim sy baas vang. Mag jou werkgewer jou salaris verminder as jy van die huis af werk? Die slaggate as jy self 'n testament wil opstel. Huwelike buite gemeenskap van goed gesluit voor die aanwasbedeling, en die bevriesing van die langslewende se bankrekeninge as 'n gade getroud in gemeenskap van goed, sterf. Uitgawes teen jou boedel, en 'n hofsaak oor die polisie se optrede tydens inperking.

Maandag 8 Junie 2020

Regsake 8 Junie 2020

Wanneer kan iemand wat die Covid-19-virus versprei regtelik aanspreeklik wees? Hoe werk BTW op huurkontrakte wat voor die inwerkingstelling daarvan gesluit is? Moet bejaardes wat weer trou, dit in- of buite gemeenskap van goed doen? Wie kies die oordragprokureur by die verkoop van vaste eiendom? En kan 'n man wat ses jaar saam met 'n vrou woon, aanspraak maak op 'n deel van haar pensioen?

Maandag 1 Junie 2020

Regsake 1 Junie 2020

Hierdieprogram sal veral van belang wees vir eiendomsagente en eienaars van vaste eiendom. Aspekte van die Verbruikersbeskermingswet wat van toepassing is op alleenmandate, verhurings, die betaling van kommissie en SEB kategorieë word bespreek.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: