23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Maandag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Regsake

Maandag 12 Oktober 2020

Regsake 12 Oktober 2020

Igna Kynsmith bespreek hofsake oor die Openbare Beskermer se reg om jou belastinginligting van Jan Taks te bekom, en onregverdige mededinging tussen twee versekeringsmaatskappye oor kliënte se lewenstylinligting. Daar is ook humoristiese bydraes oor die jakkalsdraaie wat beskuldigdes maak, en die regsprofessie se swak reputasie onder die publiek.

Maandag 5 Oktober 2020

Regsake 5 Oktober 2020

Wat behels die begrip geregtigheid? Hoe lank nadat jy met 'n spoedkamera betrap is, kan die dagvaarding nog op jou beteken word? Daar is inligting oor testamentêre trusts en remedies vir slagoffers van gesinsgeweld, en 'n hofsaak in die konstitusionele hof oor skuldigbevinding aan verkragting op grond van 'n gemeenskaplike doelwit word bespreek.

Maandag 28 September 2020

Regsake 28 September 2020

Minder as 10% van alle aangemelde verkragtings loop uit op 'n skuldigbevinding. Igna Klynsmith bespreek 'n onlangse wetsontwerp wat gemik is op die bystand aan slagoffers. Hy beantwoord ook die volgende vrae: Kwalifiseer sekswerkers vir regeringshulp tydens die Covid-19-pandemie? Wat kan jy doen as jou huis se titelakte jou verbied om 'n besigheid tuis te bedryf? Is leuenverklikkertoetse toelaatbaar tydens dissiplinêre verhore?

Maandag 21 September 2020

Regsake 21 September 2020

Igna Klynsmith bespreek die volgende onderwerpe: Die beoogde wysiging van die maksimum toegelate bloedalkoholvlak vir voertuigbestuurders. Die invloed van stereotipes by verhore van seksuele oortredings. Wie mag besluit oor 'n oorledene se begrafnisreëlings? Moet howe die Padongelukkefonds se gebrek aan geld in ag neem by die bepaling van die bedrag wat aan slagoffers toegeken word. Hoe werk notariële verbande as sekuriteit oor roerende eiendom?

Maandag 14 September 2020

Regsake 14 September 2020

Die regsbeginsels wanneer daar teen 'n hofuitspraak appèl aangeteken word, word bespreek, asook 'n geveg oor 'n eksotiese kat wat in die hof gaan draai het. Wat is die gevolge as jy in Duitsland jou middelvinger vir 'n spoedkamera wys? Daar is praktiese raad vir alleenlopers wat niemand het om ná hulle dood hulle woonplek op te pak nie. En ons kyk na onlangse hofsake oor die onwilligheid van die polisie om op te tree, en die ontbinding van die Tshwane Metroraad.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: