07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Regsake

Maandag 21 Desember 2020

Regsake 21 Desember 2020

Igna Klynsmith beantwoord 'n luisteraar se vraag oor die belastingimplikasies vir ouers wat 'n huis gebou het op 'n erf, wat in hulle dogter se naam geregistreer is. Hy bespreek ook hofsake oor 'n vrou wat in 'n openbare swembad deur 'n hond aangeval is, en 'n eis vir pyn en lyding teen 'n man omdat hy sy vrou 'n week ná hulle troue verlaat het.

Maandag 14 Desember 2020

Regsake 14 Desember 2020

Arbeidsregspesialis Johan Botes bespreek die afleggingsproses wanneer 'n werkgewer poste wil besnoei in terme van Art.189 van die Arbeidswet. Igna Klynsmith bespreek ook hofsake oor of beheerliggame saamgestelde rente op agterstallige gelde mag hef, en die invloed op die verdeling van gemeenskaplike bates wanneer 'n paartjie eers jare nadat hulle mekaar reeds verlaat het, amptelik skei.

Maandag 7 Desember 2020

Regsake 7 Desember 2020

Het jy geweet jy móét in hegtenis geneem word as jy die spoedgrens met meer as 40km/h oorskry? Kan 'n hof kastrasie deel maak van 'n vonnis vir verkragting? Wanneer mag jy 'n inbreker doodskiet? 'n Hofsaak met kersvader as bron van sonde met die bure, word ook bespreek.

Maandag 30 November 2020

Regsake 30 November 2020

Igna Klynsmith bespreek die volgende: 'n Eis vir onderhoud namens 'n kleinkind teen sy oorlede oupa se boedel. Wie is ná die vruggebruiker se dood geregtig op die huurgeld van 'n plaas ten opsigte waarvan hy die vruggebruik verkoop het? Wanneer kan 'n direkteur van 'n gelikwideerde maatskappy persoonlik aanspreeklik gehou word vir die maatskappy se skuld? Probleme met 'n lening aan 'n insolvente familielid, en algemene mites oor testamente.

Maandag 23 November 2020

Regsake 23 November 2020

Luisteraars wat probleme ondervind met tyddeelskemas en vakansieklubs sal baat vind by Igna Klynsmith se wenke. Hy bespreek ook luisteraars se vrae oor hoe jou man se sekwestrasie jou boedel kan raak, al is julle buite gemeenskap van goed getroud; en die misdryf van besit van vermoedelik gesteelde goed. Is die deler so goed as die steler?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: