07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Regsake

Maandag 25 Januarie 2021

Regsake 25 Januarie 2021

Wat is die opsies as drie kinders saam 'n vakansiehuis erf, maar die een help nie om vir die instandhouding te betaal nie? Hoe belangrik is 'n testament vir lewensmaats wat saamwoon? Igna Klynsmith bespreek ook grondeienaars se plig tot sywaartse ondersteuning van hulle bure se erwe, en 'n hofsaak waar 'n man vir vyf jaar tronk toe gestuur is ná sy vriendin se dood tydens 'n seksspeletjie.

Maandag 18 Januarie 2021

Regsake 18 Januarie 2021

Igna Klynsmith bespreek gelykheidshowe se funksie, en vra of hulle dit effektief vervul. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor hoe 'n mens jou naam van die kredietburo se swartlys af kan laat verwyder, en wat 'n vrou kan doen as haar man sy hele salaris wegdobbel.

Maandag 11 Januarie 2021

Regsake 11 Januarie 2021

Wat gebeur as spesifieke bemakings in 'n testament te min geld laat om boedelbelasting te betaal? Kan 'n huweliksbevestiger in die staatsdiens weier om persone van dieselfde geslag te trou? Is dit beter om vaste eiendom te huur of te koop? Igna Klynsmith bespreek ook 'n hofsaak oor kinders se grondwetlike reg tot voeding, en die wetsontwerp op die private besit van dagga.

Maandag 4 Januarie 2021

Regsake 4 Januarie 2021

Die volgende word bespreek. Die weiering van versekeraars om besighede se eise te betaal vir verliese gely weens die inperking. Hoe lank nadat iemand seksueel aangerand is, kan die slagoffer nog 'n klagte lê? Tot watter mate mag 'n ouers hulle kinders tugtig? Kan 'n vrou wat besig is om te skei van haar man wat haar mishandel, hom uit die huis laat sit? 'n Hofsaak wat beslis het dat 'n kind se ouma in die plek van sy biologiese pa intestaat van hom moet erf.

Maandag 28 Desember 2020

Regsake 28 Desember 2020

Mag die beheerliggaam van 'n deeltitelkompleks jou elektrisiteit afsny as jou heffings agterstallig is? Watter invloed het redelikheid, billikheid en ubuntu op die regsgeldigheid en afdwingbaarheid van kontrakte? Kan jy tyd en geld spaar deur mediasie te oorweeg eerder as om jou tot die hof te wend?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: