15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Regsake

Maandag 16 November 2020

Regsake 16 November 2020

Die volgende onderwerpe word bespreek: Die vereistes vir rehabilitasie na insolvensie; probleme as iemand 'n huis erf, maar daar is geen geld beskikbaar vir die afhandeling van die boedel en oordrag van die eiendom nie; 'n ma met 'n vruggebruik oor 'n huis wat sy en haar seun saam gekoop het en waarin albei woon, wil hom uitskop; hoe kan 'n motor in 'n testament bemaak word as dit in die pa se naam gefinansier is, maar sy seun gebruik dit en betaal die paaiemente aan hom terug?

Maandag 9 November 2020

Regsake 9 November 2020

Kan mense wat Suid-Afrika se openbare infrastruktuur beskadig van terrorisme aangekla word? Wat kan belastingbetalers doen as munisipale dienste nie gelewer word nie? Wat as net twee van die vier aandeelhouers in vaste eiendom dit wil verkoop? Wanneer is iemand onbevoeg om as direkteur te dien? En daar word gekyk na sonde met die bure se onwelriekende sampioenboerdery.

Maandag 2 November 2020

Regsake 2 November 2020

Mag 'n mediese fonds weier om die lewensmaat van 'n gay lid van die fonds as sy afhanklike te registreer? Wat kan 'n inkopiesentrum doen as bedelaars probleme met hulle klante veroorsaak? Is 'n boer aanspreeklik vir skade veroorsaak deur 'n vuur wat een van sy werkers aangesteek het toe die boer nie op die plaas was nie? Kan jy iemand wat jou geld skuld, verhoed om terug te keer na sy land van herkoms in Europa voordat die skuld terugbetaal is?

Maandag 26 Oktober 2020

Regsake 26 Oktober 2020

Verskeie vrae oor 'n testamentêre trust word beantwoord. Is die begunstigde, of die trust aanspreeklik vir belasting en uitgawes ten opsigte van 'n eiendom in die trust, en kan die begunstigde aanspraak maak op rente verdien tussen die erflater se dood en die afhandeling van die boedel? Eienaarskap van rekenaarprogramme word ook bespreek. Onthou, tydens die Prokureursorde se jaarlikse testamenteweek van 26 tot 30 Oktober kan jy 'n gratis basiese testament by deelnemende prokureurs laat opstel. Doen navraag by jou naaste prokureur.

Maandag 19 Oktober 2020

Regsake 19 Oktober 2020

Igna Klynsmith bespreek verskeie hofsake wat uiteenlopende regsbeginsels illustreer. Die onderwerpe sluit die volgende in: genadedood; anomalieë ten opsigte van die strafbaarheid van kinders teenoor volwassenes vir die besit van dagga; ingeligte toestemming tot mediese prosedures; die balans tussen vryheid van spraak en haatspraak; en die hervestiging van 'n geskeide ouer met 'n minderjarige kind as die ander ouer weier.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: