19:30 - 20:00

Kompas

Met Chloè van Rooyen

Nou op die lug: 20:00 - 21:00

inTune

Met Fran-Rico Lucas

Fran-Rico Lucas

Volgende: 21:00 - 21:10

Nuus

21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Regsake

Maandag 3 Augustus 2020

Regsake 3 Augustus 2020

Hoe wyd strek die bevoegdhede en diskresie van die trustees van trusts, en wanneer kan hulle ontslaan word? Igna Klynsmith verduidelik ook die wetgewing wat van toepassing is op telefoonbemarkers, en beantwoord 'n luisteraar se vraag oor wat gebeur as 'n testament bepaal dat twee seuns in gelyke dele moet erf, maar die een sterf voor die erflater.

Maandag 27 Julie 2020

Regsake 27 Julie 2020

Igna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Wat jy moet bewys om te slaag met 'n eis teen verpleegpersoneel vir nalatigheid? Is jy verplig om op te tree wanneer 'n misdaad in jou teenwoordigheid gepleeg word? Mag jou mediese fonds sonder jou toestemming inligting met jou werkgewer deel? 'n Hofsaak met goeie nuus vir mense wat sukkel met voortslepende grondeise.

Maandag 20 Julie 2020

Regsake 20 Julie 2020

Watter gelde mag 'n reisagentskap terughou as jou toer as gevolg van die Coranavirus gekanseleer is? Igna beantwoord nog vrae oor sakeredding, en bespreek ook 'n hofaansoek deur 'n munisipaliteit om een van sy eie aanstellings ter syde te stel. Mag jy 'n huis wat jy geërf het, verkoop voordat die boedel afgehandel is? Wat is jou opsies as dit kom by die bewoording van opsies?

Sondag 12 Julie 2020

Regsake 13 Julie 2020

Igna Klynsmith gesels oor belangebotsings in die korporatiewe wêreld na aanleiding van die voortslepende sage tussen Old Mutual en sy bestuurshoof, asook die regulering van plaasskole. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor die verdeling van bates as 'n saamwoonverhouding eindig, en kyk na die verskille tussen prokureurs en advokate.

Sondag 5 Julie 2020

Regsake 6 Julie 2020

Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor die volgende regsake: 'n Hofaansoek dat onafhanklike kandidate ook in nasionale verkiesings mag staan. Wat is die beste manier om 'n studiefonds te skep? Watter proses moet gevolg word om plekname te verander? Hoe word jou bates verdeel as jy sonder 'n testament sterf? En 'n hofsaak wat demonstreer hoe moedswillig mense kan raak as hulle huwelik begin verbrokkel.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: