23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Phil Loots

Phil Loots

Volgende: -

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Dokumentêr

Donderdag 26 Augustus 2021

FRANS SE VONKEL – DIE STORIE VAN FRANSE VONKEL IN SUID-AFRIKA deur Johan Rademan

Ons vier vanjaar 50 jaar van bottelgegiste vonkelwyn in Suid-Afrika. Die Franse monnike het die “sterre in wyn” reeds in 1670 die eerste keer geproe toe Dom Perignon die toevallige chemie-in-die-glas in ‘n Benediktynse klooster ontdek het. Suid-Afrika se eerste poging om bottelgegiste champagne te maak was 300 jaar later toe die wynpionier, Frans Malan van Simonsig, die eerste Kaapse Vonkel teen R3 per bottel gemaak het. Champagne is ‘n handelsmerk wat slegs uit die streek van Champagne in Frankryk op ‘n etiket aangebring mag word. In Suid-Afrika verwys ons na bottelgegiste vonkelwyn op etikette as MCC of Cap Classique. Alle champagne is dus vonkelwyn, maar alle vonkelwyn is nie champagne nie!

Donderdag 19 Augustus 2021

IN DIE GEES OM TE GEE deur Martelize Brink

Wie is die vrywilligers van ons pragtige en gekompliseerde land? Met die sosio-ekonomiese uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, wie tree na vore en spring in wanneer bronne te kort skiet? Martelize Brink vind uit wat mense motiveer om van hulleself te gee, en hoe organisasies ‘n sukses van vrywilligersprogramme kan maak.

Donderdag 12 Augustus 2021

INHEEMSE MEDISINALE PLANTE deur Jacqui January

Suid-Afrika het ‘n ryk biodiversiteit van inheemse plantspesies. Plaaslike plante vir medisinale doeleindes is wêreldwyd bekend en trek toeriste en navorsers van ver en wyd. 'n Proses het begin om die geskiedenis en gebruike van plante op te teken vir bewaring. In die soeke na dié inligting en plante, word die kosbare stories en die pittige streeksname ook sorgvuldig versamel en opgeteken.

Donderdag 5 Augustus 2021

ONMOONTLIK deur Christelle van Tonder

"Jy is 'n kopskuif weg van die oplossing tot enige probleem," sê Pieter du Preez, 'n C6-kwadupleeg wat in 2003 deur 'n motor getref is toe hy fiets gery het. Wat vir die meeste mense die einde van al hulle drome sou wees, was vir Pieter net drome wat verander het.

Donderdag 22 Julie 2021

UIT DIE SWARTSTE MODDER – EPISODE 4 deur Esté de Klerk

Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. Karen Swanepoel deel haar pynpad na aanvaarding en emosionele genesing nadat sy haar gesin in ‘n motorongeluk verloor het,  waarin sy self ook ernstig beseer is. “My hart het fisies gepyn. Dit was letterlik gevoel asof iemand ‘n dolk in my hart gedruk het en my hart flenters geskeur het in ‘n duisend stukkies. Ek het baie gewonder oor wat is die doel daarvan dat ek nog lewe. Hoekom het ek nie saam met my gesin gesterf nie?”

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: