19:30 - 20:00

Sterre en planete

Met Willie Koorts

Nou op die lug: 20:00 - 21:00

Kommentaar

Met Suzanne Paxton

Suzanne Paxton

Volgende: 21:00 - 21:10

Nuus & Weer

21:10 - 23:00

Dis opera

Met Charl van Heyningen

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Dokumentêr

Donderdag 15 Julie 2021

UIT DIE SWARTSTE MODDER – EPISODE 3 deur Esté de Klerk

Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. RSG se voormalige geleentheidskoördineerder, Müriel Janse van Rensburg, vertel hoe sy tot verhaal kom met talle traumatiese ervarings in haar lewe. Sy verloor albei haar aanneemouers op die ouderdom van vyf jaar, en word daarna tussen familie en ‘n kinderhuis groot onder moeilike omstandighede. “As jy ‘n jong kind is, verstaan jy nie altyd waaroor verlies gaan nie; hoekom dit gebeur nie. Ek is van baie jongs af basies alleen gelaat.” Later in haar lewe deurstaan Müriel ook ander trauma wat diep sny. “Jy leer om daarmee saam te leef en nie jou hele lewe om daardie verliese te bou nie, maar om vorentoe te kyk.”

Donderdag 8 Julie 2021

UIT DIE SWARTSTE MODDER – EPISODE 2 deur Esté de Klerk

Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. Skrywer Dana Snyman deel sy sabbatsreis om by emosionele genesing uit te kom nadat sy verloofde, Anette Roberts, haar eie lewe geneem het. “Die lewe is kort en kosbaar. Al manier hoe jy dit sinvol kan probeer leef, is om te probeer liefhê - jouself, wat ook baie keer baie moeilik is, maar ook die mense rondom jou.”

Donderdag 1 Julie 2021

UIT DIE SWARTSTE MODDER – EPISODE 1 deur Esté de Klerk

Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. Skrywer en voorsitter van die joernalistiekdepartement aan die Universiteit Stellenbosch, prof. Lizette Rabe, deel haar pyn nadat haar seun aan selfdood sterf weens die impak van depressie op sy lewe. “As jy iemand verloor het aan die siekte van wanhoop, dan moet jy vashou aan hoop, want dit is al wat jou aan die gang hou.”

Sondag 18 April 2021

BREYTEN BREYTENBACH – ‘N ANDER SKAKERING deur Johan Rademan Johan Rademan is pas deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns

Johan Rademan is pas deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met 'n erepnning vir hierdie hoorbeeld. Ter viering van die bekende Suid-Afrikaner, Breyten Breytenbach, het Johan Rademan 'n spesiale program saamgestel wat die fokus verplaas van sy skrywerskap, waarvoor hy alom bekend is in Suid-Afrika, na sy skilderkuns, drama en musikaliteit. In 'n eksklusiewe onderhoud met Breyten brei hy uit oor sy ondergewaardeerde sy in Suid-Afrika, en hoe dit eintlik 'n onontbeerlike komponent vorm van sy kunstenaarskap. Renaissance-kunstenaars het dikwels as filosowe, digters, beeldhouers, skilders en skrywers alle genres oorskry. Breytenbach is een van die enkele Suid-Afrikaners wat so 'n Renaissance-kunstenaar is. Luister na die kunsinnige sagte Breyten en die geharde rebel en heethoof, saamgesmelt in een program wat toegelig word met vriende en kenners, wat die genres saam met hom verken het.

Donderdag 25 Maart 2021

ABRAHAM IZAK PEROLD: DIE VADER VAN PINOTAGE deur Johan Rademan

Abraham Perold is op 20 Oktober 1880 op Kromvlei, Dal Josafat in die Paarl gebore. Hy was ‘n wetenskaplike en wynvisionêr wat met besondere insig die wynbedryf in Suid-Afrika uitgebou en gevestig het as ‘n mededingende wêreldgehalte produk. Hy het die kruising, Pinotage, gemaak wat die enigste egte Suid-Afrikaanse kultivar is. Vandag is dit die bedryf se troefkaart, en word dit as rooigoud bestempel.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: