21:00 - 21:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 21:10 - 23:00

Dis opera

Met Charl van Heyningen

Charl van Heyningen

Volgende: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

23:10 - 23:59

Tjil

Met Phil Loots

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Dokumentêr

Donderdag 18 Maart 2021

MAESTRO deur Haidee Muller-Isaacs

Die lewensverhaal van André van der Merwe, koorleier en dirigent van die Stellenberg Meisieskoor en die Stellenbosch Universiteitskoor. Laasgenoemde het verskeie kere koning gekraai het by die Wêreld Koorspele. Sedert 2012 is die koor nommer een op Interkultur se wêreldranglys van die top 1 000 amateurkore. Die Stellenberg Meisieskoor is ook onder die top 20 op hierdie ranglys. André praat openhartig oor sy grootworddae op Beaufort-Wes en hoe 'n fratsongeluk sy droom om konsertpianis te word, hom in 'n heel ander rigting gestuur het - alles ten goede.

Donderdag 11 Maart 2021

DIE OLIFANTE WAT GEKIES HET OM TE VERGEET deur Mariska Spoormaker

Daar word baie gesê ‘n olifant vergeet nooit nie, maar dit wil voorkom die Addo-olifante hét vergeet van mense wat tot in die vroeë 1900’s genadelose jag op hulle gemaak het. Noudat die Addo-olifant Nasionale Park sy 90e bestaansjaar vier, het Mariska Spoormaker gaan uitvind of die olifante régtig vergeet het.

Donderdag 4 Maart 2021

KEN JY DIE SEE? deur Martelize Brink

Op die klein kusdorpie Lambertsbaai is die Uys Krige gedig, Ken jy die see, welbekend. Hierin word die moeilike omstandighede van kleinskaalse vissers belig. Volg die vissers se lewensverhale en hul verwelkoming van die moderne wêreld se tegnologiese oplossings om hul toegang tot die seekosmark makliker te maak.

Donderdag 25 Februarie 2021

DIE VIS – ERIC JG FISHER deur Fritz Klaaste

Sy voetspore is in die beton van Suid-Afrikaanse Onderwys verhard oor 'n tydperk van 41 jaar, waarvan 24 jaar as rektor van een van die gewildste onderwyskolleges in Suid-Afrika, Dower Onderwyskollege in West End, Port Elizabeth. Alumni gee onderrig dwarsoor Suid-Afrika, die VSA, Brittanje, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, die Midde-Ooste en Oos-Asië. Hulle het ook rektore van ander kolleges geword, soos Jakes Gerwel by die Universiteit van Wes-Kaapland. Dis Vis, soos hy bekend was, was 'n besonder gedisiplineerde pedagoog wat respek ingeboesem by student, leerder, kollega en onderwysadministrasie. Ander bekendes wat met groot bewondering praat oor hom wat hulle lewe verander en in 'n nuwe rigting gestuur het,  is Springbokafrigter Allister Coetzee, die wêreldbekende kunskilder Selwyn Pekeur en Fritz Klaaste. Die onderwys het 'n reus verloor op 19 Augustus 2020 toe Eric Fisher gesterf het, 'n dag voor sy 94ste verjaardag.

Donderdag 18 Februarie 2021

CECIL JACOBS: TER WILLE VAN DANS deur Johan van Lill

Johan van Lill bring hulde aan Cecil Jacobs, ‘n bekende balletonderwyser wat verlede jaar 80 geword het, en steeds dansklasse gee op Saterdagoggende by sy huis op Strandfontein in die Kaap.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: