23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Maandag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 25 September 2019

Skrywers en Boeke 25 September 2019

Calvyn van Niekerk gesels met Ilse Salzwedel oor sy nuwe roman, DIE MAN VAN QUATRO. Jy kan ook hoor hoe verander die Du Toitskloof Mobiele Biblioteek die lewe van plaaswerkers en hulle kinders. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde, en jy kan luister na 'n kort onderhoud met die Britse skrywer Zadie Smith.

Woensdag 18 September 2019

Skrywers en Boeke 18 September 2019

Luister na 'n argiefonderhoud met wyle prof. Ampie Muller. Die ATKV Woordveertjiewenners word aangekondig, en Ilse gesels met twee wenners. Ons hoor ook wie die wenners is van die KykNET/Rapport-boekpryse. En Johan Myburg gesels onder meer oor die kortlys van die Bookerprys.

Woensdag 11 September 2019

Skrywers en Boeke 11 September 2019

Ilse Salzwedel gesels met Andries Buys, skrywer van die veelbekroonde boek DIE DAO VAN DAAN VAN DER WALT. Dit is verlede week aangewys as dioe wenner van die gesogte ATKV-Prosaprys. Hulle gesels oor die boek se ontstaan, en hoekom hy besluit het om dit onder 'n skuilnaam te publiseer. Die boek is reeds voorheen met drie literêre pryse bekroon.

Woensdag 4 September 2019

Skrywers en Boeke 4 September 2019

Ilse Salzwedel gesels met Nadia de Kock oor haar roman DIE WOLKVERSAMELAARS. Francois Lötter vertel van die Tuin van Digters wat op 13 en 14 September by die Breytenbachsentrum in Wellington plaasvind, en Johan Myburg gesels onder meer oor die pas afgelope Edinburgh-boekefees.

Woensdag 28 Augustus 2019

Skrywers en Boeke 28 Augustus 2019

Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, Sarie se boekeredakteur, oor haar gunsteling fiksieboeke uit onlangse nuwe publikasies. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: