12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 12 Junie 2019

Skrywers en Boeke

Ilse Saltzwedel praat onder andere met Ivan Vladislavic en Chanette Paul, en Johan Myburgh vertel wat in die internasionale boekwêreld gebeur.

Dinsdag 11 Oktober 2016

12 Oct 2016

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Mari Heese oor haar nuwe roman, MAESTRO. Prof. Heilna du Plooy gesels oor wyle prof. Elize Botha se boekversameling wat aan Foxwood House in Johannesburg geskenk is vir bewaring. En Johan Myburg gesels in sy insetsel oor internasionale letterkunde onder meer oor ʼn skrywer se reg op anonimiteit.

Woensdag 9 Maart 2016

9 Mar 2016

'n Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees in Stellenbosch.

Woensdag 2 Maart 2016

2 Mar 2016

Ilse Salzwedel en prof. Willie Burger gesels met prof. Jerzy Koch, hoof van die Universiteit van Poznan in Pole se departement Afrikaans, oor sy liefde vir en werk oor Afrikaans. Jy kan ook luister na 'n huldeblyk vir die oud-uitgewer en kinderboekskrywer, Leon Rousseau, 'n man wat diep spore in Afrikaanse letterkunde getrap het. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor die lewe, werk en nalatenskap van Umberto Eco en Harper Lee, wat albei onlangs oorlede is. Madri Victor gesels oor die hoogtepunte tydens die Skrywersfees van die US Woordfees, wat volgende week in Stellenbosch gehou word.

Woensdag 24 Februarie 2016

24 Feb 2016

Prof. Joan Hambidge gesels met Suzette Kotze-Myburgh oor die heruitgawe van D.J. Opperman se versamelde poësie. Ilse Salzwedel gesels met Andre Pretorius oor sy nuwe reisboek, ITALIAANSE INTERMEZZI. Johan Myburgh gesels oor die internasionale letterkunde.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: