23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Maandag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 21 Augustus 2019

Skrywers en Boeke 21 Augustus 2019

Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green oor goeie nie-fiksie boeke wat in die laaste paar maande verskyn het. In Johan Myburg se internasionale insetsel is daar ook nuus oor 'n internasionale nie-fiksie werk wat onlangs bekroon is.

Woensdag 14 Augustus 2019

Skrywers en Boeke 14 Augustus 2019

Ilse Salzwedel gesels met Lize Albertyn-Du Toit oor haar debuutroman DIE KINDERS VAN SPOOKWERWE. Jy kan ook luister na 'n kort argiefonderhoud uit 1964 waarin Verna Vels met die digter Ingrid Jonker gesels oor haar werk. Johan Myburg fokus in sy internasionale bydrae op die skrywer Toni Morrison, wat onlangs oorlede is. Daar is ook 'n kort onderhoud met Morrison.

Woensdag 7 Augustus 2019

Skrywers en Boeke 7 Augustus 2019

Ilse Salzwedel gesels met Kirby van der Merwe oor sy vertalings van Carol Campbell se DIE SKILPAD SE LAASTE TRAAN en Meg Vannermerwe se VROU VAN DIE KLIPPESEE. Carla van der Spuy vertel meer oor haar jongste boek LIEFDE AGTER TRALIES en haar belangstelling in ware misdaad. Chareldine van der Merwe vertel meer van die Vriende Van Afrikaans se Koop-'n-Afrikaanse-boek-dag op 14 Augustus.

Woensdag 31 Julie 2019

Skrywers en Boeke 31 Julie 2019

Die bekroonde skrywer en dramaturg, Harry Kalmer, is onlangs oorlede. Luister na 'n onderhoud wat Corina van der Spoel in 2014 met hom gevoer het oor sy bekroonde boek 'N 1000 STORIES OOR JOHANNESBURG. Ilse Salzwedel gesels oor nuwe nie-fiksie vir volwassenes en oulike nuwe kinder- en jeugboeke. En Johan Myburg gesels onder meer oor twee internasionale boekpryse.

Woensdag 24 Julie 2019

Skrywers en Boeke 24 Julie 2019

Jeanne Goosen het onlangs haar 81e verjaarsdag gevier. Luister na 'n onderhoud uit die argiewe waarin Jeanne met wyle Nic Swanepoel gesels oor haar skryfwerk. Kortverhaalskrywers kan meer uitvind van die skryfkompetisie waaruit die US Woordfeesbundelbydraes gekies word. In Johan Myburg se bydrae oor die internasionale letterkunde is daar onder andere 'n voorlesing deur Alice Walker, skrywer van The Color Purple.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: