23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Maandag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 17 Februarie 2016

17 Feb 2016

Ilse Salzwedel gesels met prof. Willie Burger oor resensies en die groter plek wat dit in letterkunde behoort te beklee. Corina van der Spoel gesels met Boris Gorelic oor sy nuwe boek, AN ENTIRELY DIFFERENT WORLD: RUSSIAN VISITORS TO THE CAPE 1797-1870, wat die rol van die Russe in die vestiging van die Kaap verken. Johan Myburg gesels in sy weeklikse bydrae oor die Jaipur Letterkundefees, die nadele van spoedlees as dit kom by lees vir ontpanning, 'n toekenning aan die skrywer J.K. Rowling, en 'n nuwe boek van Don Dellilo.

Woensdag 10 Februarie 2016

10 Feb 2016

Hoe verskil 'n goeie en 'n slegte resensie van 'n positiewe en 'n negatiewe resensie? Hoe kies boekeredakteurs resensente? Wat is die moets en moenies as dit kom by die skryf van 'n resensie? Ilse Salzwedel gesels hieroor met prof. Thys Human, professor in Afrikaanse letterkunde aan die NWU, en self 'n gerekende resensent. Jo Prins, boekeredakteur by Media 24 se dagblaaie deel ook sy insigte. Johan Myburg praat in sy internasionale bydrae onder meer oor 'n Saoedi-Arabiese digter wat ter dood veroordeel is oor sy digkuns, maar toe “begenadig” is met 'n vonnis van 800 houe en agt jaar in aanhouding.

Woensdag 3 Februarie 2016

3 Feb 2016

Ilse Salzwedel gesels met prof. Willie Burger oor VLAM IN DIE SNEEU, die briefwisseling tussen Andre P. Brink en Ingrid Jonker. Prof. Bernard Odendaal gesels oor die ATKV-skryfskool se Herfsskryfskool wat in Maart plaasvind. Johan Myburg gesels onder meer oor die Oxford Literary Festival, die Franse skrywer Michel Tournier en Roald Dahl.

Woensdag 27 Januarie 2016

27 Jan 2016

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Marzanne le Roux-van der Boon oor haar skryfloopbaan. Prof. Willie Burger gesels oor Breyten Breytenbach se PAROOL. En Marga Stoffer van NB Uitgewers gesels oor nuwe publikasies uit hul stal.

Woensdag 20 Januarie 2016

20 Jan 2016

Corina van der Spoel gesels met die skrywer en digter Dolf van Niekerk oor sy jongste digbundel Portrette in my gang. Prof. Willie Burger gesels oor Carel van der Merwe se Donkerstroom, die outobiografie oor Eugene Marais. Johan Myburg gesels oor 'n paar internasionale letterkundepryse en 'n polemiek oor die Oxford-skrywersfees.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: