23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Phil Loots

Phil Loots

Volgende: -

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 17 Julie 2019

Skrywers en Boeke 17 Julie 2019

Ilse Salzwedel gesels met Zelda Bezuidenhout oor DIE DEKONSTUKSIE VAN RETTA BLOM, haar eerste roman vir volwassenes, en oor haar bekroonde jeugroman AS MENS GELUK KON PROE. Bernette Bergenthuin gesels met Ilse oor haar nuwe roman DIE LEWE VIR BEGINNERS. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor 'n nuwe prys vir vroueskrywers van komiese Britse fiksie.

Woensdag 10 Julie 2019

Skrywers en Boeke 10 Julie 2019

John W. Frederick, die skrywer van NOEM MY SKOLLIE (wat ook in 'n rolprent verwerk is) is onlangs oorlede. Luister na 'n argiefonderhoud waarin hy vertel hoe stories en boeke hom teen tronkbendes beskerm het. Hoor wat is alles op die program by die Montagu Boekefees en die Elgin/Grabouw Krimifees. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae onder meer oor die rolprent Pan's Labyrinth wat nou in boekvorm verskyn.

Woensdag 3 Julie 2019

Skrywers en Boeke 3 Julie 2019

Ter viering van George Weideman, wat op 2 Julie 72 sou wees, se verjaarsdag - 'n onderhoud uit die SAUK-argief; en Johan Myburg praat oor die internasionale boekewêreld.

Woensdag 26 Junie 2019

Skrywers en Boeke 26 Junie 2020

Die program word gewy aan kinder- en jeugfiksie. Ilse Salzwedel vertel meer oor die jongste Afrikaanse boeke vir peuters, kleuters en ouer kinders, en jy kan ook luister na stukkies van die klankbane van films wat van topverkoper kinderboeke gemaak is.

Woensdag 19 Junie 2019

Skrywers en Boeke 19 Junie 2020

Rene Warrington praat oor haar roman, Smit Motors; daar is meer inligting oor die Vrystaatse Kunstefees se boekeprogram, en die jonste nuus uit die internasionale boekewêreld saam met Johan Myburg.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: