05:55 - 06:00

Ikra

Nou op die lug: 06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Udo Carelse

Volgende: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Sondag 29 Augustus 2021

Sterre en planete 29 Augustus 2021

Daar was onlangs oor groot dele van die land opgewondenheid oor ‘n brandende voorwerp wat van noord na suid deur die ruimte getrek het.  Was dit ‘n meteoor, asteroïede of iets anders?  Ons hoor van ‘n nuwe ruimte-organsisasie wat in Suid-Afrika tot stand gaan kom, en praat met ‘n planetêre waarnemer oor sy foto’s van twee van Jupiter se twee mane.  Die foto’s is so duidelik dat die skadu van die mane op die planeet gesien kan word.

Sondag 22 Augustus 2021

Sterre en planete 22 Augustus 2021

Wat is die verskil tussen ‘n nova en ‘n supernova?  Die span praat oor ‘n nova wat skielik baie helder geword het en moontlik met die blote oog sigbaar sal wees. Daar is ook interessante inligting oor metings wat die Marstuig, Insight, gedoen het oor die ingewande van die rooi planeet. Die ruimte lewer allerhande klanke op, en jy kan hoor hoe dit klink as ‘n tuig verby Venus vlieg.

Sondag 15 Augustus 2021

Sterre en planete 15 Augustus 2021

Foto’s is onlangs bekend gestel van Space X se Starship. Wanneer die tuig gelanseer word, sal dit die grootste ruimtetuig ooit wees om Moeder Aarde te verlaat. Daar word ook gepraat oor ‘n Russiese tuig wat amper amok gemaak het toe dit by die Internasionale Ruimtestasie moes aansluit.

Sondag 8 Augustus 2021

Sterre en planete 8 Augustus 2021

Die mens kyk dikwels met verwondering na die naghemel. Dan gebeur dit soms asof dit lyk of twee voorwerpe baie na aanmekaar of selfs bo-oor mekaar verskyn.  Wanneer dit gebeur trek dit baie aandag. Dit word ‘n konjunksie of ‘n oorgang genoem.  Wat is dit?

Sondag 1 Augustus 2021

Sterre en planete 1 Augustus 2021

Jim Adams vertel van die sonsendings waarby hy betrokke was.  Van die belangrikstes is die Soho en Solar Dynamic Observatory sendings.  Dis interessant dat die tuie nie noodwending baie naby aan die son moet kom om navorsing te doen nie.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: