21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Nou op die lug: 21:20 - 23:00

Skud dit met Reggie Philander!

Met Reggie Philander

Reggie Philander

Volgende: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

23:10 - 23:59

Tjil

Met Jaco de Waal

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Sondag 20 Junie 2021

Sterre en planete 20 Junie 2021

In die toekoms kan laserlig in plaas van radiogolwe moontlik gebruik word om tussen ruimtetuie en die aarde te kommunikeer. Waaruit bestaan ‘n asteroïede?

Sondag 13 Junie 2021

Sterre en planete 13 Junie 2021

'n Luisteraar het gevra of sonuitbarstings iets soos ‘n pasaangeër kan beinvloed.  Kobus Olckers beantwoord dié vraag. Daar is wenke oor hoe en wanneer om die maan af te neem. Wat beteken dit as sterrekundiges van magnitude praat?

Sondag 6 Junie 2021

Sterre en planete 6 Junie 2021

Sterre en Planete se Nasa-spanlid, Jim Adams, praat oor die prioritisering van ruimtesendings. Vrae wat gevra word, is wie besluit watter sending moet onderneem word; wat van duplisering in ruimtesendings; hoe word sendings befonds; en wat is Nasa se rol in die VSA se ruimtesendings?

Sondag 30 Mei 2021

Sterre en planete 30 Mei 2021

In Sterre en Planete word daar dikwels gepraat van sterrekundiges, kosmoloë en planetêre wetenskaplikes.  Wat is die verskil? ‘n Vraag oor die transmissiesnelheid van seine tussen radioteleskoopskottels word ook beantwoord. En daar word gepraat oor Clyde Foster se sterrewag na aanleiding van ‘n besoek daar.

Sondag 23 Mei 2021

Sterre en planete 23 Mei 2021

Die Clyde’s spot op Jupiter is besig om te verander.  Sterre en Planete het in 2020 met Clyde Foster van Centurion gepraat oor die kol op Jupiter wat hy waargeneem het.  Die verskynsel is toe na om vernoem.  Die Juno-ruimtetuig wat in die omgewing van Jupiter wentel, het onlangs foto’s van die kol geneem, en dit blyk  dat die kol besig is om te omvorm. Clyde vertel wat besig is om te gebeur. Daar is ook inligting oor ruimtemanne wie se harte, ná maande in die Internasionale Ruimtestasie, gekrimp het.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: