23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Sondag 11 April 2021

Sterre en planete 11 April 2021

Hoe word die aktiwiteit van die son gemeet? ‘n Luisteraar het ook gevra of die voorspellings waar was wat gelui het dat die son se lae akiwiteit ongewone koue gaan beteken. Daar word gepraat oor die Internasionale Donker lug-week en wat dit beteken.

Sondag 4 April 2021

Sterre en planete 4 April 2021

Baie mense vra wat die nut daarvan is om ruimteverkenning te doen? Jim Adams uit die VSA verduidelik watter tegnologie, wat in die ruimte ontwikkel is, byna daagliks deur almal gebruik word. Die lense wat deesdae in die kameras van selfone gebruik word, is een van die voorbeelde.

Sondag 28 Maart 2021

Sterre en planete 28 Maart 2021

Ruimtewetenskaplikes van NASA en JPL het verlede week ‘n nuuskonferensie gehou oor die planne met die Marshelikopter, Ingenuity. Daar is ook ‘n belangrike aankondiging gemaak oor dr. Japie van Zyl se rol tydens die projek. Lafras Smit vertel wat in April in die ruimte te sien is. En daar is ‘n vraag of die aarde aan sy een kant meer hitte verloor as die anderkant.

Sondag 21 Maart 2021

Sterre en planete 21 Maart 2021

Watter soort teleskoop het Galileo Galilei gebruik om die hemelruim te verken? Die span gesels oor die verskil tussen refraksie- en refleksieteleskope. Is daar so iets soos ‘n sterrestelsel wat net radiogolwe uitstraal?

Sondag 14 Maart 2021

Sterre en planete 14 Maart 2021

‘n Luisteraar wil weet of die swaartekrag van die son en die maan voorwerpe op aarde kan laat “groei”.  Kobus Olckers beantwoord ook ‘n vraag oor die Milankowietsj-verskynsel.  En daar is ‘n vraag of die vlaggies wat deur die Amerikaners op die maan geplant is, nog staan.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: