07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Groeipyne

Met Anthea Fredericks

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Skrywers en boeke 26 Julie 2023

26 Julie 2023

Ilse Salzwedel gesels met Michiel Heyns oor sy jongste roman EACH MORTAL THING. Johan Myburg vertel hoe die Britte hulle hofdigter, of poet laureate, kies, en jy kan luister na ‘n stokou voorlesing van WH Auden, wat twee maal oor die hoof gesien is as Britse hofdigter. Johan het ook nuus oor ‘n nuwe wetenskapsfiksieroman wat in Meksiko afspeel, en deel die kortlys van die Ursule K. Le Guinprys.  Jy kan ook luister na ‘n argiefonderhoud waarin die geliefde Afrikaanse skrywer Pieter Pieterse kort voor sy dood oor sy skryfwerk praat, en een van sy eie sketse voorlees.


Skrywers en boeke 19 Julie 2023

19 Julie 2023

Helene de Kock, wie se 47e roman onlangs verskyn het, gesels oor DIANA SE DAG. Sy gesels ook oor haar loopbaan, en deel waardevolle skryfraad. In sy internasionale bydrae bring Johan Myburg hulde aan Milan Kundera en Pascal Mercier, wat albei vandeesweek oorlede is. Hy het nuus oor ‘n nuwe roman deur MJ Arlidge. Jy kan ook luister na ‘n argiefopname waarin wyle Madeleine van Biljon wys hoekom sy een van Afrikaans se gewildste boekmense was.


Skrywers en boeke 12 Julie 2023

12 Julie 2023

Ilse Salzwedel gesels met Ted Botha oor sy nie-fiksie boek, DAISY DE MELKER: HIDING AMONG KILLERS IN THE CITY OF GOLD. Jeanne Goosen sou op 13 Julie haar 85e verjaarsdag gevier het, en jy kan luister na ‘n argiefonderhoud wat Nic Swanepoel in 1995 met haar gevoer het. Johan Myburg bring hulde aan die Engelse skrywer, Mavis Cheek. Hy vertel van die storie agter ALL QUIET ON THE WESTERN FRONT, en stel ons voor aan die gewilde Amerikaanse skrywer Emily Henry.


Skrywers en boeke 5 Julie 2023

5 Julie 2023

Ilse Salzwedel gesels met P.P. Fourie oor sy nuwe roman, ONS SKULDE. Johan Myburg vertel van die polemiek oor die boek, SHAKESPEARE WAS A WOMAN AND OTHER HERESIES, wat o.a. William Shakespeare se identiteit bevraagteken. Daar is meer oor Michael Rosen, die wenner van vanjaar se PEN Pinterprys, en THE SHARDS, ‘n nuwe roman uit die pen van die Amerikaanse skrywer Brett Easton Ellis. Jy kan ook luister na ‘n argiefopname waarin wyle Audrey Blignaut (wat op 6 Julie 1916 gebore is) ‘n essay voorlees oor haar groot begeerte om te leer lees.


Skrywers en boeke 28 Junie 2023

28 Junie 2023

Ilse Salzwedel gesels met Adriaan Potgieter oor sy boek, IN DIE KLIPKNOETS VAN HAAR VUIS, ‘n studie oor die lewe en werk van Sheila Cussons. In Johan Myburg se uiteenlopende bydraes oor internasionale skrywers en boeke, gesels hy oor boeke wat dalk net ‘n plek op jou leeslys verdien, weerstand teen die verbanning van boeke in die VSA, en Salman Rushdie se eerste openbare optrede sedert die aanval waarin hy verlede jaar ernstig beseer is. En as jy wil inskryf vir die RSG en die ATKV se radiodramaskryfkompetisie, Kobus Burger en Estel de Beer het nog raad oor die moets en moenies van radiodrama skryf.


Skrywers en boeke 21 Junie 2023

21 Junie 2023

Erla Diedericks gesels oor skryf, lees en haar nuwe roman, SALEMSTRAAT. In Johan Myburg se internasionale insetsel bring hy hulde aan die Amerikaanse skrywer, Cormac McCarthy; die redes agter die besluit om THE SNOW FOREST, Elizabeth Gilbert se jongste roman, van publikasie te onttrek; en die publikasie van George Orwell se ANIMAL FARM in Zimbabwe. Kom vind uit wie is vanjaar se Women’s Prize for Fiction-wenner.  Dan het RSG se programbestuurder Kobus Burger en Estel De Beer, senior vervaardiger: mandaat by RSG, lekker praktiese radiodramaskryfraad vir almal wat wil inskryf vir vanjaar se ATKV/RSG radiodramaskryfkompetisie.


Skrywers en boeke 14 Junie 2023

14 Junie 2023

Ilse Salzwedel stel jou voor aan Beverley Roos-Muller, skrywer van BULLET IN THE HEART, ‘n nie-fiksie werk wat die Anglo-Boereoorlog belig uit die hoek van die vier Muller-broers. In internasionale nuus deel Johan Myburg nuus oor die kortlys van die gesogte Britse James Tait-Blackpryse, en hy vertel meer oor die Nederlandse prys wat onlangs aan Annemarie van Niekerk toegeken is vir haar memoir ONDER ‘N BLOEDROOI HEMEL. Johan het ook ‘n interessante brokkie oor die Russiese skrywer Alexander Poesjkin. Daar is ook nuus oor ‘n slypklas en ‘n skryfkursus vir aspirantskrywers, en meer inligting oor die ATKV/RSG radiodramaskryfkompetisie.


Skrywers en boeke 7 Junie 2023

7 Junie 2023

Elmarie Viljoen-Massyn vertel van haar spannende debuutroman, VUURVOËL, wat afspeel in die farmaseutiese bedryf. Met meer as 200 kinderboeke op sy kerfstok, weet die bekroonde skrywer Jaco Jacobs seker ‘n ding of twee oor wat kinders graag lees. Hy gesels vertel vir Ilse Salzwedel van die belangrikheid van boeke en lees in kinders se lewe. Johan Myburg vertel in sy internasionale bydrae hoe die Franse skrywer Annie Ernaux die invloed van die Nobelprys op haar lewe ervaar, en Tan Twan Eng se derde roman. Johan stel jou ook voor aan Katja Oskamp wie se boek, Marzahn, die wenner van die Dublin- internasionale letterkundeprys is.


Skrywers en boeke 31 Mei 2023

31 Mei 2023

Ilse Salzwedel gesels met Anchien Troskie oor haar nuwe roman, DIE LAASTE KANARIEGEEL NOTABOEK. Vyf aspirantskrywers kan elkeen ‘n driewekelange kortverhaalskryfskool gratis bywoon – Theo Kemp van die Jakes Gerwel-stigting gee meer inligting hieroor. Adv. Jackie Fick, ‘n kubermisdaadkenner, verduidelik hoekom die rondstuur van onwettige e-boeke ‘n misdaad is. In sy internasionale bydrae stel Johan Myburg jou voor aan Georgi Gospodinov, die wenner van die Booker International-prys vir vertaalde werk, en vertel meer oor ‘n Spaanse letterkundige prys wat aan die Japanse skrywer Haruki Murakami toegeken is. Hy bring ook hulde aan die Britse skrywer Martin Amis.


Skrywers en boeke 24 Mei 2023

24 Mei 2023

Suzette Myburg gesels met Pieter Marais oor sy debuutroman, KONKEL. Wyno Simes van NALN in Bloemfontein vertel vir Ilse Salzwedel van die werk wat daar gedoen word om die Afrikaanse letterkundige en kunstenalatenskap te help bewaar. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg oor die Zimbabwiese skrywer, Tsitsi Dangarembga, en die aanklagte teen haar van aanhitsing tot geweld; ‘n 20-jarige Kaapse student,  Hana Gammon, wat aangewys is as die Afrika-wenner in die Commonwealth-kortverhaalwedstryd; en die twee romans wat aangewys is as die gesamentlike wenners van die 2023 Pullitzerprys: DEMON COPPERHEAD (Barbara Kingsolver) en TRUST (Hernan Diaz). Jy kan ook luister na Hernan Diaz, wat gesels oor die rol wat lees en boeke in sy skryfwerk speel.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: