21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Nou op die lug: 21:20 - 21:50

Vers en Klank

Met Sophia van Taak

Sophia van Taak

Volgende: 21:50 - 22:10

Kortom

Met Johan Rademan

22:10 - 23:00

Geestesgesondheid

Met Johan van Lill

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

TUIS, EK’S LIEFIE en BUL by Woordfees

26 September 2023

Terrance April vind meer uit oor twee van die toneelstukke wat te sien by vanjaar se Woordfees in Stellenbosch. Cintaine Schutte vertel van TUIS, EK’S LIEFIE en Nicole Holm gesels oor BUL.


Stellenbosch skud sy vere reg vir Woordfees

24 Augustus 2023

Stellenbosch hou weer Woordfees, en dié pragtige universiteitsdorp gaan van 7 tot 15 Oktober omtower word tot ‘n kunstefees – min of meer in elke straat en op elke hoek. Feesgangers kan vanjaar uitsien na heelwat nuwighede, maar ook daardie gunsteling-trekpleisters wat van die Woordfees een van die uniekste kunstefeeste in die land maak. Soos die naam sê, gaan hierdie fees meer oor die woord, en ‘n baie uiteenlopende program van woordkuns en musiek behoort elke feesganger se kunshonger te stil. Boonop trek RSG en die Plataankafee so saam-saam terug na sy oorspronklike ligging. Ons praat met Danie Marais, die koördineerder van publisiteit en digitale inhoud van die Woordfees.


Woordfeesprogram vir 2023

22 Augustus 2023

Die Woordfees in Stellenbosch vind vanjaar plaas van 7 tot 15 Oktober. Feesdirekteur Saartjie Botha vertel meer oor vanjaar se program.


Woordtrofees vir wenproduksies by Woordfees

15 November 2022

Danie Marais spog oor ‘n suksesvolle Woordfees wat vanjaar plaasgevind het, met die Woordtrofees wat alles afgesluit het.


Woordfees is ‘n plek vir diskoers

7 Oktober 2022

Die Woordfees word gekenmerk deur heelwat diskoers-gesprekreekse. Maandaoggend om 11-uur kan jy so ‘n gesprek bywoon by die US Museum Vierkant waar daar gepraat sal word oor Populisme van Trump tot Poetin. Prof. Jo-Ansie van Wyk, politieke wetenskaplike van Unisa, sal aan daardie gesprek deelneem, en sy sluit by ons aan om ons te vertel waarna jy kan uitsien.


Die Woordfees is terug!

Die Woordfees is terug in al sy glorie ná die ontwrigting van die afgelope paar jaar. Volgende week word Stellenbosch omskep in ‘n fees van kleur, klank, redekawel en rumoer. RSG is oudergewoonte met trots deel van die Woordfees, en ons gesels met die feesdirekteur Saartjie Botha oor waarna jy als in die skadu van die Eike kan uitsien.


Woordfees eerste keer in Oktober aangebied

20 September 2022

Saartjie Botha, direkteur van die US Woordfees in Stellenbosch, gesels oor die program by vanjaar se fees. Die fees word vir die eerste keer in Oktober aangebied.


Karatara by Woordfees

Die dansdrama, Karatara, wat vanjaar by die KKNK debuteer het, is in Oktober te sien by die Woordfees. Die vervaardiger en produksiebestuurder, Marie Vogts, vertel meer.


Woordfees terug in lewende lywe!

8 September 2022

Saartjie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink wat jy te wagte kan wees by vanjaar se US Woordfees.


Woordfees weer vanjaar op TV

12 Julie 2022

WoordfeesTV begin op 15 Julie. Feesdirekteur Saartjie Botha gesels oor van die hooftepunte.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: