06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Renske Jacobs
Gustav Greyling

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Werksoek

Met Eloise Cupido

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

DIE LELIKE EEND

5 Maart 2013

Christelle Webb-Joubert gesels met die opkomende regisseur Christiaan Olwagen oor die produksie DIE LELIKE EEND by die Woordfees.


KUNS NOU-NOU

26 Februarie 2013

Anja de Klerk vertel van die KUNS NOU-NOU-uitstalling by die Woordfees.


Tinarie van Wyk Loots

Tinarie van Wyk Loots is betrokke by vier produksies by vanjaar se Woordfees. Sy vertel vir Christelle Webb-Joubert so bietjie van elke produksie.


Marita van der Vyver

8 Maart 2012

Die gewilde skrywer Marita van der Vyver wat die afgelope paar jaar al in Frankryk bly, het oë gewys hier by die Woordfees op Stellenbosch.


Antjie Krog

7 Maart 2012

Een van die hoogtepunte op die skrywersprogram by die Woordfees is die aanbieding deur die bekroonde en internasionaal bekende skrywer Antjie Krog. Sy het in samewerking met voordragkunstenaars van Kimberley en met die klanke van inheemse instrumente in Afrikaans en die inheemse sustertale, Kwedam, Xhosa en Sesotho voorgedra.


Dana Snyman

Die skrywer Dana Snyman tree op in die produksie HIER HUIL JY NET TWEE KEER by die Woordfees. Dit is die opvolgvertoning van die suksesvolle BABY, AS EK VERBY RY. Die titel van die nuwe verhoogproduksie deur Dana Snyman en Klopjag kom uit die ou gesegde: “Hier huil jy net twee keer, die dag wat jy aankom en die dag wat jy weer moet wegry.” Dit is dan ook waaroor hierdie aanbieding gaan. Dit is saamgestel uit Dana se stories wat handel oor families en hulle huishoudings – die mooi, die humor en die hartseeraspekte daarvan.


Marie Heese

Die Universiteit Stellenbosch Woordfees bring vanjaar hulde aan die gevierde skrywer, Marie Heese, wat vanjaar 70 word. Sy het diep spore in die onderwys getrap en het aan verskeie tersiêre instellings gedoseer. As woordkunstenaar is sy ewe tuis in Afrikaans en Engels en haar eerste roman AS DIE UURWERK KANTEL het klassieke status bereik. Ná haar aftrede by Unisa het sy na Stilbaai verhuis waar sy ernstig met skeppende skryfwerk begin het.


2 Mar 2012

2 Maart 2012

Twee jong akteurs, Carel Nel en Wilhelm van der Walt, gesels oor hulle loopbane in die teater en oor produksies wat meer toeganklik is vir jongmense. Dan gesels Fiona van Kerwel en Cherene Crotz oor die Woorde Open Wêrelde-projek vir hoërskoolleerders tydens die Woordfees. Befonk kuier ook by David Fourie om meer uit te vind van ‘n plaaslike musiekfees.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: