Skip to content

Potgooi

Sorteer volgens:
Vertoon:
Skrywers en boeke 18 Maart 2026

Skrywers en boeke 18 Maart 2026

Kategorie: Skrywers en Boeke2026-03-18
Ilse Salzwedel gesels met Martin Steyn oor sy bundel kortverhale, SKIMME EN SPOORSOEKERS. Die resensent, Jannes Erasmus, praat oor vier boeke wat hy kan aanbeveel – DRIE MISDADE IN ‘N KNOOP, VOLMAAN IN BAVIAANSKLOOF, DIE AVONTURE VAN HELGA ROETS en EINDE EN BEGIN. Johan Myburg vertel hoekom Amazon aan die Parys-boekefees in Frankryk onttrek het, […]
Kompas 18 Maart 2026

Kompas 18 Maart 2026

Kategorie: Kompas2026-03-18
Barrie Ferreira vind meer uit van Rekeningkunde as ‘n studierigting en beroepskeuse. Hy praat met ook met iemand wat hulle klerkskap voltooi het.
Aandgedagte 18 Maart 2026

Aandgedagte 18 Maart 2026

Kategorie: Aandgedagte2026-03-18
Pastoor Christa Meiring van die AGS.
Olieprys spring ná aanval op olievelde in Iran; Dit hou JSE in die rooi

Olieprys spring ná aanval op olievelde in Iran; Dit hou JSE in die rooi

Kategorie: Geldsake met Moneyweb2026-03-18
Elke Brink, direkteur en adviseur by PSG Route 21, gesels oor wat vandag vir haar uitstaan op die markte, Sasol se aandeelprys se reaksie op die beweging van die olieprys, en Shell se planne om uit Suid-Afrika te onttrek.
Beleggingsproduk bring kripto- en tradisionele bates saam

Beleggingsproduk bring kripto- en tradisionele bates saam

Kategorie: Geldsake met Moneyweb2026-03-18
Christo de Wit, hoof van Luno Suid-Afrika, gesels oor wat vir hom uitstaan in die kriptomaark hierdie week en oor BlueChip, ’n onafhanklike stablecoin-graderingsagentskap.
SA oliereserwes onder vergrootglas

SA oliereserwes onder vergrootglas

Kategorie: Geldsake met Moneyweb2026-03-18
Wilhelm Hertzog, portefeuljebestuurder by Rozendal Vennote, gesels oor Suid-Afrika se oliereserwes.
SA ekonomie is soos ‘n voertuig wat baie stukkend was

SA ekonomie is soos ‘n voertuig wat baie stukkend was

Kategorie: Geldsake met Moneyweb2026-03-18
Dr Francois Stofberg, hoofinkomstebeampte en senior ekonoom by die Efficient-groep, deel sy mening oor die werklike toestand van die Suid-Afrikaanse ekonomie.
Inflasie sak tot 3%: Wat verwag ons van rentekoerse?

Inflasie sak tot 3%: Wat verwag ons van rentekoerse?

Kategorie: Geldsake met Moneyweb2026-03-18
Die onafhanklike ekonoom Elize Kruger gesels oor Suid-Afrika se inflasiesyfer, haar vooruitsigte vir die renterkoersbesluit in Amerika, kleinhandelverkoopsyfers en PayInc se jongste indeks.
Nedbank tegnologie dryf ontwikkeling in landbou

Nedbank tegnologie dryf ontwikkeling in landbou

Kategorie: Geldsake met Moneyweb2026-03-18
Cobus de Bruyn, hoof van kliëntwaarde-proposisie vir landbou by Nedbank Kommersiële Banksake, gesels oor Nedbank se gebruik van tegnologieplatforms soos PrysWys.
RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 18 Maart 2026

RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 18 Maart 2026

Kategorie: Geldsake met Moneyweb2026-03-18
Tinus de Jager – Moneyweb
Brandpunt 18 Maart 2026

Brandpunt 18 Maart 2026

Kategorie: Brandpunt2026-03-18
Die parlementêre ad hoc-komitee wat bewerings van inmenging in die strafregstelsel ondersoek, sluit sy sittings af. Die skoolvoedingsprogram in KwaZulu-Natal kan moontlik weer ontwrig word. Inflasie het in Februarie teruggesak tot 3%, maar dié goeie nuus sal volgens ekonome van korte duur wees.
Kuns met kontant 18 Maart 2026

Kuns met kontant 18 Maart 2026

Kategorie: Spitstyd2026-03-18
Deel 1: Wat verg dit regtig om jou lewe op die pad te bou, en wat leer so ’n lewe jou oor geld? Henco Kruger praat met die avonturier en televisie-aanbieder, Johan Badenhorst. Hy is die man agter die ikoniese Voetspore-televisiereeks wat al oor 25 jaar en 18 seisoene strek. Johan vertel hoe hy regte […]
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 13

JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 13

Kategorie: Middagvervolgverhaal2026-03-18
Vaaltyn vertel Jaffie wat Oeroom Hakon gedoen het om te verhinder dat Herodes se bose plan slaag. Oeroom Gerson gee ’n les oor die liefde, en Jaffie hoor waarom dit nooit raadsaam is om terug te verlang as jy moet vorentoe gaan nie.
Liedmakersgilde bevorder die kunslied

Liedmakersgilde bevorder die kunslied

Kategorie: Driesestig2026-03-18
Komponiste soos Johann Sebastian Bach, Wolfgang Amadeus Mozart, Maurice Ravel en Alban Berg het almal op hulle dag aan musiekgildes behoort wat uit die Middeleeue stam. Gildes was daar om vakmanskap te bevorder, en vandag glo die Liedmakersgilde wat die kunslied in Suid-Afrika bevorder steeds aan mentorskap en om ‘n verhoog vir dié kunsvorm se […]
Wat kan ons leer by… 18 Maart 2026

Wat kan ons leer by... 18 Maart 2026

Kategorie: Driesestig2026-03-18
Dr. Mandie Uys praat oor die antieke Grieke en Romeine. Sy begin die verhaal waar hulle mekaar ontmoet, en half saam begin loop het.
73 Jaar van grafte grawe

73 Jaar van grafte grawe

Kategorie: Driesestig2026-03-18
In 1952 het Allan McCloskey vir ‘n week lank ingestaan vir sy dorp se grafgrawer. Daardie week word toe 73 jaar en 75 dae, tot hy in November 2025 op 92 afgetree het.
Spektrum 18 Maart 2026

Spektrum 18 Maart 2026

Kategorie: Spektrum2026-03-18
Die verbruikersinflasiekoers verlangsaam. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, is die laaste getuie om voor die parlementere ad hoc-komitee te getuig. Die Universiteit van Wes-Kaapland bied ‘n seminaar aan oor bendegeweld en sosiale disfunksie.
Gesondheid 18 Maart 2026

Gesondheid 18 Maart 2026

Kategorie: Gesondheid2026-03-18
As jy gedink het tuberkulose (tering of TB) tas net ‘n mens se longe aan, is jy verkeerd. Dit kan jou longe, brein, kliere en rugwerwels en ander organe aantas. Kan dit jou ook doof maak, soos wat met Rafiek in Suidooster gebeur het? Marí Hudson praat hieroor met prof. Jantjie Taljaard van die Fakulteit […]
Hoe beveg ons vetsug? 18 Maart 2026

Hoe beveg ons vetsug? 18 Maart 2026

Kategorie: Intussen2026-03-18
Behalwe vir die rol wat ons gene en fisiologie speel, wat sommige van ons meer vatbaar maak vir vetstugtigheid, is daar ook verskeie omgewingsfaktore, soos kitskos, ultraverwerkte kos en drankies vol suiker. Ons praat met dr. Thinus Smit, ’n spesialischirurg met ’n fokus op bariatriese en metaboliese chirurgie. Hy praat oor bariatriese chirurgie en wie […]
Kultuur 18 Maart 2026

Kultuur 18 Maart 2026

Kategorie: Intussen2026-03-18
Marno Boshoff is nie net ‘n gewone professionele persoon nie; hy is ‘n denkleier met ‘n missie om beter werkplekke te skep en mense se omgewings ten goede te verander. Hy noem homself ‘n kultuurevangelis. Hy kyk in hierdie reeks na wat kultuur is, hoe dit gevorm word, en hoekom dit soveel meer as net […]

1-20 van 39697 potgooisnitte(s)