19:30 - 20:00

Kompas

Met Chloè van Rooyen

Nou op die lug: 20:00 - 21:00

inTune

Met Fran-Rico Lucas

Fran-Rico Lucas

Volgende: 21:00 - 21:10

Nuus

21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Praat Saam

Maandag 20 September 2021

Praat saam 20 September 2021

Die deur-tot-deur-verkiesingsveldtogte is aan die gang met die laaste geleentheid vir kiesersregistrasie wat oor die naweek tot ‘n einde gekom het. Kiesers kan wel nog aanlyn kyk of hulle geregistreer is. Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het ook die naweek inwoners van Soweto aangemoedig om te stem en beloof dat hulle elektrisiteitsprobleme binnekort iets van die verlede sal wees. Ander politieke partye het ook stemgeregtigdes aangemoedig om in die plaaslike verkiesing te stem. In meeste van die gebiede bly dienslewering ‘n kwelpunt. Ons kyk na die verhouding tussen plaaslike regering, kiesers en belastingbetalers.

Vrydag 17 September 2021

Praat saam 17 September 2021

Daar is Suid-Afrikaners wat glo die hoë geboortesyfer veroorsaak besoedeling wat verskeie gesondheid- en hulpbronrisikos veroorsaak. As daar minder mense is, is daar minder monde om te voed en so sal ons geen armoede hê nie. Dit kan alles voor oorbevolking se deur gelê word. Die teenpool van die argument is dat daar meer as genoeg grondoppervlak is om almal te huisves as die hulpbronne beter bestuur word. Dan sal almal ‘n plekkie in die son hê en met ‘n vol maag gaan slaap. Ons praat oor bevolkingsgroei en die impak daarvan op die aarde en sy hulpbronne.

Donderdag 16 September 2021

Praat saam 16 September 2021

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging definiëer ‘n lewende testament as ‘n verklaring wat die pasiënt se wens verteenwoordig om enige verdere mediese behandeling te weier in die geval waar sodanige mediese behandeling die pasiënt op ‘n kunsmatige manier aan die lewe hou. ‘n Lewende testament word opgestel om voorsiening te maak vir die situasies waar die pasiënt nie meer compos mentis is en in staat is om sulke lewensveranderende besluite self te kan neem nie. Daar is egter baie onsekerheid oor die geldigheid en die afdwingbaarheid van sodanige testamente in Suid-Afrika.

Woensdag 15 September 2021

Praat saam 15 September 2021

Die Departement van Gesondheid sê die regering het nog nie ‘n besluit geneem oor verpligte Covid-19-inentings nie, hoewel daar wel maatskappye is wat hierdie stap gedoen het. Ons kyk na die standpunte van geloofsleiers en -instellings, en of verpligte intentings enigsins ‘n oorweging is. As jou kerk of moskee toegang voorbehou na gelang van ‘n inentingsrekord of kaart, hoe sal jy dit benader?

Dinsdag 14 September 2021

Praat saam 14 September 2021

Die plaaslike verkiesings vind op 1 November plaas. Met die skuif na Vlak 2-inperkings stel dit politieke partye in staat om hulle verkiesingsveldtogte op dreef te kry. Die woordvoerder van die Vryheidsfront Plus, Wouter Wessels, sê Suid-Afrikaners is uitgehonger vir verandering op munisipale vlak, en wil ‘n verbetering in basiese dienslewering sien. Daar is gemengde reaksie op die nuwe verkiesingsdatum, met sommige partye wat slaggereed voel en ander wat bekommerd is oor hoe hulle dit gaan benader. Ons praat oor plaaslike politiek en die strategie van politieke partye met so ‘n kort aanloop tot die verkiesing.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: