23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Donderdag 28 Oktober 2021

NAG KARLIEN deur Bettie Kemp

Tevore het jy hulle altyd op DEURNAG OP RSG gehoor. Omroepers wat luisteraars, veral die Siele op Wiele, geselskap hou. Bettie Kemp, wat vroeër jare die skof gereeld waargeneem het, het ‘n radiodrama geskryf oor haar wedervaringe in die ateljee wanneer sy so alleen daar sit. Wat die drama spesiaal maak, is Karlien se obsessie met een spesifieke luisteraar wat telkens SMS’e stuur. En sy reaksie op wat sy sê. Die spelers is Bettie Kemp, Janine Opperman, Anton Schmidt en Sulette Minnaar.

Donderdag 21 Oktober 2021

GREEN ROOM deur Ilne Fourie

Die drana speel af in ‘n green room waar menige akteurs al meer tyd spandeer het agter die verhoog as op die verhoog, tydens repetisies om iets te drink, te gesels, deur woordrepetisies te gaan en mekaar se lief en leed te deel. Hierdie magiese ruimte word slim benut deur die skrywer, tydens ‘n verhoogrepetisie van Daar woon mense, een van Athol Fugard se nie-politiese dramas. Die rolle van Don en Millie word gespeel deur die akteurs Barry (Cobus Rossouw) en Isabelle (Antoinette Kellerman). Dié twee se rakleeftydperk staan einde se kant toe. ‘n Mens word met heimwee en deernis vervul oor die bydrae wat soveel kreatiewes agtergelaat het, maar ook weerloos laat in hulle latere jare.

Donderdag 14 Oktober 2021

OOM WILLEM SE BANKIE deur Magdel Brand en Appel van Rensburg

Waarskuwing: Die volwasse tema en van die taalgebruik mag sensitiewe luisteraars aanstoot gee. Dokter Willem Oberholzer se lewensverhaal lees nie soos die deursnee mens s’n nie. Om die waarheid te sê, min mense het begrip vir die dilemma waarmee hy vir meer as drie dekades moes saamleef. Ná sy aftrede bevind dié vooraanstaande sielkundige hom eensklaps op die rand van die samelewing, want ook mense wat hy intiem geken het, het nie begrip daarvoor nie. Selfs sy enigste kind wil niks met hom te doen hê nie. En dan daag Alma op ’n dag op en vra of sy maar op sy bankie, wat uitkyk oor die pragtige blou water van die Indiese Oseaan, mag kom sit. Hy voel die angs in hom opstoot, want die afgelope agt jaar al lewe hy op straat. Hy kan nie meer normaal met mense kommunikeer nie. Nog minder vertrou hy hulle. Met Barry Tolmay, Magdel Brand, Barbara McArthur, Anelle Engelbrecht, Doné van den Bergh, Driekus Joubert, Chanelle Matthee en Helmi White. Behalwe Barbara McArthur, maak al die akteurs hulle debuut in RSG se Radioteater.

Donderdag 7 Oktober 2021

KLIPGEBEDE deur Schalk Schoombie

Waarskuwing: Geweld en kru taal. Marina en haar seun, Gerbrand, is slagoffers van gesinsgeweld. Marina vertel haar lewensverhaal aan haar vriendin Katryn, en herleef so die gebeure wat tot hulle huidige omstandighede gelei het. Die spelers is Elma Potgieter, Rika Sennett en Anton Schmidt.

Donderdag 17 Junie 2021

BOERETROOS deur Erica Harris

Jongmanne, wat opsoek is na hulle identiteit en plek in die samelewing, se herhaalde kwaaijongstreke word al hoe meer gewaagd, en lei uiteindelik tot moord. 'n Talentvolle siniese joernalis stem teensinnig in om agter die kap van die byl te kom, en sy probeer help om die moordenaars aan die kaak te stel. Die spelers is Karen Wessels, André Stolz, Rina Nienaber, Johny Klein, Kaz McFadden en Denver Vraagom.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: