12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Dokumentêr

Donderdag 30 September 2021

DIE WONDER VAN HERKOMS deur Haidee Muller-Isaacs

Haidee delf in die herkoms van haar mense: Sy kyk na die aankoms van die slawe en hoe slawe se name gegee is. Slawe-navorser Aubrey Springveldt vertel van sy eie voorsate, en Haidee hoor meer van die Kamissa-rivier en die kreolisasie van mense. En by haar hartsplek en komvandaan, Oudtshoorn, vind sy uit van die waternimf by die watergat in die rooi heuwels – daar waar die Olifants- en die Kammanassie-riviere bymekaarkom.

Donderdag 23 September 2021

SYLVESTER, KONING VAN KUZUKO deur Mariska Spoormaker

Ses jaar gelede was die wêreld se oë op die lot van Sylvester, die leeumannetjie wat uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het en eers 27 dae later opgespoor kon word. Toe Sylvester die volgende jaar weer ontsnap, het baie gevrees hy sou die doodskoot kry, maar dit het nie gebeur nie. Hy is in die Kuzuko-wildreservaat in die Karoo hervestig, en het sedertdien nog nie een keer weggeloop nie – wat sou die geheim hiervan wees? Mariska Spoormaker het gaan uitvind.

Donderdag 16 September 2021

TEN SPYTE VAN deur Johan Rademan

Wat het Susan Boyle, sir Anthony Hopkins en Courtney Love gemeen? Al drie is wêreldbekend en funksioneer suksesvol op die outismespektrum. Om iemand op die outismespektrum te plaas is nie ‘n eenvoudige mediese toets soos bloedtrek of die gebruik van ‘n stetoskoop nie. ‘n Geduldige lang waarneming- en ondersteuningsprogram is nodig om outisme te diagnoseer. Die eerste outis is 77 jaar gelede identifiseer, en dit was ‘n skaars toestand. Vandag word een uit elke 33 kinders op die spektrum geplaas.

Donderdag 9 September 2021

‘N UIL ROEP deur Esté Gross

Esté Gross spandeer ‘n dag saam met die stigters van die Owl Rescue Centre, Brendan en Danelle Murray. Sy vind uit waarom hulle so passie het vir hierdie roofvoëls, hoe hulle gerehabiliteer en vrygelaat word, en waarom vrywilligers bereid is om duisende kilometers vêr te ry om ‘n uil te gaan red.

Donderdag 2 September 2021

JIMMY NEWMAN: GHRENDER AS GHREND deur Fritz Klaaste

Jimmy Newman en langarmmusiek is sinoniem. Hy het dié musiekformaat na nasionale gewildheid geneem. Sedert die beginjare van die groep, Jimmy’s Grand Six, vernoem na die Grand Hotel in die destydse Suidwes-Afrika waar sy sesstuk-groep begin het, het hy homself gevestig as een van die vaders van langarm. Fritz Klaaste kyk na die die man, sy gesin en sy musiek.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: