23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 20 Januarie 2021

Skrywers en boeke 20 Januarie 2021

Die skrywer en oud-uitgewer Kerneels Breytenbach gesels oor sy lysie leesplesiere vir 2020. Ilse Salzwedel gesels met Henda Olivier oor haar debuutroman DIE GOEIE SUSTER.  Milan Murray gesels oor haar jongste kinderboek DIE HUSSE EN DIE KLEIN JAKKALSIES. Johan Myburg vertel meer van die Carol Shields prys vir vroueskrywers, die PEN vryheid van uitdrukking-prys en ‘n nuwe roman uit die pen van die Ierse skrywer Sally Rooney.

Woensdag 13 Januarie 2021

Skrywers en boeke 13 Januarie 2021

Ina Strydom deel haar indrukke van Francois Smith se roman, DIE KLEINSTE RAMP DENKBAAR. Suzette Kotze-Myburgh gesels oor die US Woordfeesbundel 2020, en haar werk as mentor in die Jakes Gerwel-stigting se mentorskapprogram. Sy gesels spesifiek oor Engela Ovies se DRAAIRIVIER en Bronwyn Davids se LANDSDOWNE DEAREST.  Ilse Salzwedel vertel hoekom kinders DIE VINNIGSTE SKOENE IN DIE HELE WÊRELD deur Cecilia Steyn sal geniet. Johan Myburg bring hulde aan die Amerikaanse digter, Jean Valentine, en gesels oor die wenners van die Costa-pryse. Luister na ‘n kort voorlesing uit THE MERMAID OF BLACK CONCH, wat met die Costa-romanprys bekroon is.

Woensdag 6 Januarie 2021

Skrywers en boeke 6 Januarie 2021

Ilse Salzwedel gesels met Dibi Symington oor haar nuwe roman STOM GODE, en oor THE CHOICE, die inspirerende ware lewensverhaal van dr. Edith Eger, ‘n oorlewende van die Duitse konsentrasiekampe. Johan Myburg bring hulde aan die digter en uitgewer, Gus Ferguson, en gesels oor nuwe boeke deur bekende internasionale skrywers. Hy vertel ook meer oor die werk van George Orwell, wat binnekort heruitgegee word, en jy kan luister na ‘n voorlesing uit Animal Farm.

Woensdag 23 Desember 2020

Skrywers en boeke 23 Desember 2020

Twee boekliefhebbers, RSG se Ina Strydom en die joernalis AJ Opperman, gesels oor hulle leeshoogtepunte van 2020. Johan Myburg vertel meer oor die Nederlandse PC Hooft-prys wat aan Alfred Schaffer, digter en dosent aan die Universiteit van Stellenbosch, toegeken is. Hy bring ook hulde aan John le Carre, skrywer van topverkoper-spioenasieromans, wat onlangs oorlede is, en jy kan luister na ‘n argiefopname waarin Le Carre van sy eie werk voorlees.

Woensdag 16 Desember 2020

Skrywers en boeke 16 Desember 2020

Ilse Salzwedel gesels oor ‘n klomp kinder- en jeugboeke wat die perfekte Kersgeskenk sal wees vir jong lesers. Daar is iets vir almal se leessmaak – van storieversamelings om voor slaaptyd te lees tot verhale oor diere en ‘n omvangryke boek oor Suid-Afrikaanse uitvinders en wetenskaplikes. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor drie boeke wat sy kan aanbeveel vir volwassenes. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg oor Louis Gluck, vanjaar se Nobelpryswenner vir letterkunde, se aanvaardingstoespraak, die Leipzigprys en Elizabeth Barret Browning se twee jaar in afsondering weens siekte.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: