15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:30

Sondag met Fritz

Met Fritz Klaaste

Fritz Klaaste

Volgende: 17:30 - 18:00

Spesiale uitsending

Met Elsje van Jaarsveld

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 5 Mei 2021

Skrywers en boeke 5 Mei 2021

Ilse Salzwedel gesels met Irma Joubert oor haar nuwe roman, NA 'N PLAAS IN AFRIKA. Jy kan meer uitvind oor die ATKV-Skryfskool se Winterskool wat vanjaar aanlyn plaasvind. In sy bydrae oor die internasionale letterkunde, gesels Johan Myburg oor die ses finaliste vir die Women's Prize for Fiction en 'n wêreldwye peiling oor leespatrone tydens die pandemie.

Woensdag 28 April 2021

Skrywers en boeke 28 April 2021

Ilse Salzwedel gesels met Frederik de Jager oor sy bundel rubrieke, MAN OP 'N FIETS ÊRENS HEEN. Johan Myburg gesels oor die kortlys vir die internasionale Bookerprys, nog polemiek rondom die biografie van Phillip Roth en ‘n biografie oor die skrywer Edward Said. Verlede week het ons Wêreldboekedag gevier, en die skrywers Karin Brynard, Bettina Wyngaard, Didi Potgieter, Fanie Viljoen, Madelein Rust, Jaco Jacobs, Beneschke Janse van Rensburg en Johan Myburg vertel van hulle eerste kennismaking met boeke.

Woensdag 21 April 2021

Skrywers en boeke 21 April 2021

Ryan Pedro, wenner van die UJ-debuutprys, gesels oor sy digkuns. Theo Kemp vertel meer oor die Jakes Gerwel-boekegesprekreeks by die Suidfoosterfees. Hoor wie is die wenners van vanjaar se Akademiepryse. Johan Myburg vertel meer oor die nuwe Phillip Roth-biografie en die langlys vir die Dagger-pryse vir internasionale misdaadfiksie.

Woensdag 14 April 2021

Skrywers en boeke 14 April 2021

Ina Strydom gesels met Willem Anker oor sy bekroonde roman, Skepsel. ‘n Luisteraar vertel van haar leesprojek vir kinders. Suzette Kotze-Myburg vertel hoekom sy The Boys in the Boat kan aanbeveel. In sy bydrae oor die internasionale letterkunde, gesels Johan Myburg  oor die jongste polemiek rondom die Britse Women’s Prize for Fiction, die wenner van die Astrid Lindgrenprys vir kinderlektuur en die langlys van die Internasionale Bookerprys. Jy kan ook luister na die Keniaanse skrywer Ngugi wa Thiong'o se mening oor taal en vertaling.

Woensdag 7 April 2021

Skrywers en boeke 7 April 2021

Vanjaar dertig jaar gelede het die Suid-Afrikaanse skrywer Nadine Gordimer die eerste Suid-Afrikaner geword wat die Nobelprys vir Letterkunde gewen het. Hoor wat het sy tydens haar geskiedkundige aanvaardingstoespraak gesê oor skrywer wees en skryf. Johan Myburg vertel meer van The Guardian se lys van die 10 beste boeke van die afgelope 20 jaar, die kortlys van die Dublin Letterkundeprys, en Dante, wat vanjaar 700 jaar gelede gebore is. Jy kan ook luister na 'n voorlesing van die inleiding van sy Divine Comedy.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: