15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:30

Sondag met Fritz

Met Fritz Klaaste

Fritz Klaaste

Volgende: 17:30 - 18:00

Spesiale uitsending

Met Elsje van Jaarsveld

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 9 Junie 2021

Skrywers en boeke 9 Junie 2021

Heruitsending: Die skrywer Elsa Joubert het in 2017 haar 95e verjaarsdag gevier met die publikasie van SPERTYD, die derde deel van haar outobiografie. Suzette Kotze-Myburgh het destyds met haar gesels oor haar lewe en skryfwerk.

Woensdag 2 Junie 2021

Skrywers en boeke 2 Junie 2021

Cas Vos gesels met Ilse Salzwedel oor sy passie vir die werk van die Italiaanse digter, Dante, en lees ook voor uit sy vertaling van Dante se INFERNO. Johan Myburg vertel meer oor 'n veiling van o.a. die Brönte-susters se werk, 'n ongepubliseerde manuskrip van John Steinbeck en die kinderboekskrywer Eric Carle, wat onlangs oorlede is. Ina Strydom vra in die eerste van 'n reeks slypklasse vir skrywers van radiodrama's die vraag: hoekom skryf mens?

Woensdag 26 Mei 2021

Skrywers en boeke 26 Mei 2021

Ilse Salzwedel gesels met twee misdaadskrywers, Rudie van Rensburg (skrywer van o.a. HARTEDIEF) en Carla van der Spuy (haar jongste boek is GANGSTER). Die een skryf fiksie, die ander nie-fiksie. Die kinderboekskrywer Wendy Maartens vertel meer oor VAANDELDRAERS, haar nuwe reeks nie-fiksie boeke vir kinders. Johan Myburg vertel meer oor die spioenasiemeester John Le Carre se nuutste boek wat in Oktober verskyn, en LOST CHILDREN ARCHIVE, die wenner van die Dublinprys.

Woensdag 19 Mei 2021

Skrywers en boeke 19 Mei 2021

Vind meer uit oor die skrywer CJ Langenhoven se geheime liefde, Sarah Goldblatt, wanneer Ilse Salzwedel met die skrywer Dominique Malherbe gesels oor haar biografie OP SOEK NA SAARTJIE. Ilse gesels ook met Wilmi Wheeler oor haar radiodrama, DIE HUISBESOEK, wat met ‘n Writers Guild of South Africa-toekenning bekroon is. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor die internasionale letterkunde onder andere oor die Dylan Thomas-prys en die wenners van die Britse Book Awards.

Woensdag 12 Mei 2021

Skrywers en boeke 12 Mei 2021

Ilse Salzwedel gesels met Bibi Slippers oor ‘n paar boeke wat sy onlangs gelees het en kan aanbeveel. Johan Myburg vertel in sy internasionale insetsel meer van Jumpa Lahiri se nuwe roman, en ‘n biografie oor die Britse digter, dramaturg en komponis Ivor Gurney. Jy kan ook luister na ‘n klankopname waarin Lahiri ‘n stuk uit haar roman voorlees. Kom vind ook uit wie vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans se skrywersresidensieprogram gekies is.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: