05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Nou op die lug: 06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Derrich Gardner

Volgende: 10:00 - 10:05

Nuus

10:05 - 11:00

Reis sonder grense

Met Johan Rademan

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 14 Julie 2021

Skrywers en boeke 14 Julie 2021

Ilse Salzwedel gesels met Gerda Taljaard oor haar nuwe roman VIER SUSTERS, en met Daniël Hugo, medesamesteller van die versamelbundel MASKERS EN MURE. In die slypklas vir voornemende skrywers gesels Ina Strydom oor die storielyn. Johan Myburg vertel meer oor die Bookerprys se beoordelaars, die Edinburgh boekfees, en die werk van William Blake, die Britse digter.

Woensdag 7 Julie 2021

Skrywers en boeke 7 Julie 2021

Ilse Salzwedel gesels met Susan Coetzer oor haar roman, DIE UIL IN DIE YSBOS. Suzette Kotze-Myburg gesels oor ‘n nie-fiksieboek oor Genghis Khan wat sy kan aanbeveel. In die slypskool vir voornemende skrywers, gesels Ina Strydom oor karakters en karakterisering. In Johan Myburg se internasionale bydrae kan jy meer uitvind oor die werk van die kinderboekskrywer, David Walliams, wat ook in Afrikaans beskikbaar is. Daar is nuus oor die wenner van die Desmond Elliotprys, en meer oor die digter Stephen Dunn, wat onlangs oorlede is.

Woensdag 30 Junie 2021

Skrywers en boeke 30 Junie 2021

Ons bring hulde aan die skrywer en digter Petra Müller, wat verlede week oorlede is. Jy kan luister na ‘n gesprek wat Suzette Kotze-Myburgh in 2016 met haar gevoer het. Ina Strydom gesels in ons skrywerslypklas oor die skryf van dialoog, veral vir radiodramas. Johan Myburg gesels oor ‘n e-boekprojek wat ou Australiese letterkunde wil help bewaar, en hy vertel meer oor die werk van die Ierse topverkoperskrywer, Lucinda Riley, wat onlangs oorlede is. 

Woensdag 23 Junie 2021

Skrywers en boeke 23 Junie 2021

Ilse Salzwedel gesels met Helene de Kock oor haar jongste roman ELISABET SE OORLOG. Die kinderboekskrywer  Fanie Viljoen vertel meer van vier nuwe boeke  in sy Klein Boeke-reeks, en ons gesels ook oor sy eerste geestelike kinderboek BRIEWE VAN MIELIEPIT.  In die derde aflewering van ons RSG Radiodrama Slypskool gesels Ina Strydom oor wat belangrik is wanneer jy ‘n radiodrama skryf, en spesifiek hoe klank die storie moet vertel. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae oor die PEN Pinterprys, vanjaar se Pulitzerpryswennerboeke en nog ‘n prys vir Maggie O’ Farrel se roman HAMNET.

Woensdag 16 Junie 2021

Skrywers en boeke 16 Junie 2021

Luister na ‘n argiefopname uit 1957 waarin die digter en akademikus, W.E.G. Louw, gesels oor dit wat die lewe hom geleer het. Daar is ook ‘n musikale storie uit Coenie de Villiers en Deon Meyer se Karoosuite, met meer inligting oor hulle tweede koffietafelboek, ONS KAROO.  Ina Strydom gesels in vandeesweek se skryfslypskool oor die storie-aspek van skryf. Johan Myburg vertel meer van die wenner van vanjaar se Booker Internationalprys, The New York Times se resensie van Damon Galgut se THE PROMISE en heruitgawes van Jeanette Winterston se boeke.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: