05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Nou op die lug: 06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Derrich Gardner

Volgende: 10:00 - 10:05

Nuus

10:05 - 11:00

Reis sonder grense

Met Johan Rademan

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 31 Maart 2021

Skrywers en boeke 31 Maart 2021

Die digter en skrywer Barend Toerien is vandeesweek 100 jaar gelede gebore. Ons onthou sy bydrae tot Afrikaans met 'n argiefonderhoud waarin hy gesels oor sy digkuns en reisjoernaal oor Rusland. Johan Myburg gesels oor die wenner van die Rathbones Folioprys, die kortlys vir die Dylan Thomasprys en die lewe en werk van die Egiptiese skrywer Nawal El Sadaawi wat onlangs oorlede is. Jy kan ook meer uitvind oor die boeke op die kortlys vir die UJ-pryse.

Woensdag 24 Maart 2021

Skrywers en boeke 24 Maart 2021

Ilse Salzwedel gesels met P.P. Fourie oor sy roman, ‘N HART IS SO GROOT SOOS ‘N VUIS. Johan Myburg vertel meer van die kortlys van die Women’s Prize for Fiction, die status van Italië se boekwinkels tydens die jongste streng Covid-19-inperking en die kortlys vir Brittanje se oudste kinder- en jeugboekprys. Jy kan ook meer uitvind oor die wenners van NB Uitgewers se Groot Romanwedstryd en ‘n nuwe versamelbundel met al NP van Wyk Louw se dramas, hoorspele en libretto.

Woensdag 17 Maart 2021

Skrywers en boeke 17 Maart 2021

Ilse Salzwedel gesels met Juliana Coetzer oor haar aangrypende nuwe nie-fiksie boek, DIE KIND SE NAAM IS ANNEKE. Sophia Kapp en Leonie van Rensburg, die samestellers van LYFSKAP, ‘n bundel erotiese kortverhale, gesels oor die bundel. Johan Myburg vertel meer van ‘n nuwe prenteboek uit die pen van die Nobelprysbekroonde Olga Tokarczuk, nog polemiek rondom die vertaling van Amanda Gorman se digkuns en die werk van Malorie Blackman, 'n Britse kinder- en jeugboekskrywer.

Woensdag 10 Maart 2021

Skrywers en Boeke 10 Maart 2021

Ilse Salzwedel praat met Mike Nicol oor sy jongste boek THE RABBIT HOLE. Susan Lombaard vertel meer van Akademia en Maroela Media se aanlyn skryfskool, Skryfnet. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale boekewêreld.

Woensdag 3 Maart 2021

Skrywers en boeke 3 Maart 2021

Boekliefhebbers kan luister na ‘n argiefonderhoud met F.A. Venter. Ina Strydom deel haar indrukke van Willem Anker se nuwe roman SKEPSEL. Johan Myburg gesels oor ‘n Nobelprysbekroonde Poolse roman wat binnekort in Engels beskikbaar sal wees , en jy kan luister hoe die digter Lawrence Ferlinghetti, wat onlangs in die ouderdom van 101 oorlede is, een van sy gedigte voorlees.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: