23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Phil Loots

Phil Loots

Volgende: -

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 24 Februarie 2021

Skrywers en boeke 24 Februarie 2021

Ilse Salzwedel gesels met Annemarie van der Walt van die Innibos se boekprogram oor haar lekkerleeslysie, en die kinder- en jeugboekskrywer Elizabeth Wasserman gesels oor haar boeke en die voordele van lees vir kinders. Johan Myburg deel nuus oor die rolprentverwerking van Avarind Adiga se roman THE WHITE TIGER, en die Time of the Writer-letterkundige fees van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Jy kan ook luister na ‘n uittreksel uit die oud-radioman Malcolm Gooding se CONFESSIONS OF A VOICE ARTIST.

Woensdag 17 Februarie 2021

Skrywers en boeke 17 Februarie 2021

Ilse Salzwedel gesels met Daniël Lötter oor sy boek 17x MOORD, en jy kan luister na 'n kort voorlesing deur J.M. Coetzee uit sy roman DIARY OF A BAD YEAR. Johan Myburg vertel meer oor die Folio-prys se kortlys, die lewe van John Keats en Chimamanda Ngozi Adichie se jongste biografiese werk.

Woensdag 10 Februarie 2021

Skrywers en boeke 10 Februarie 2021

Elmari Rautenbach, die organiseerder van die US Woordfees se skrywersprogram, gesels met Ilse Salzwedel oor haar onlangse leeslekkertes, en jy kan luister na ‘n argiefbydrae oor die werk van JM Coetzee, wat op 9 Februarie  sy 80e verjaarsdag gevier het. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor die kortlys van die Dublin-letterkundeprys, ‘n boek oor klimaatfiksie op die Booker-kortlys en die skrywer agter een van die groot feministiese boeke van die vorige eeu.

Woensdag 3 Februarie 2021

Skrywers en boeke 3 Februarie 2021

Ilse Salzwedel gesels met Christien Neser, jeugboekskrywer en spraakterapeut, oor die belangrikheid van boeke, stories en hardop-voorlees, ter viering van INTERNASIONALE HARDOPVOORLEESDAG op 3 Februarie. Christelle Van Rooyen-Wessels gesels oor haar spanningsroman BRANDMERK, en Eugenie Gregan gesels oor haar lysie lekkerleesboeke. Theo Kemp gesels oor die Jakes Gerwel Stigting se residensieprogram vir Afrikaanse skrywers. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae oor die wenner van die Costa Boek van die Jaar-prys, en ‘n nuwe digbundel uit die pen van Bhanu Kapil. Jy kan ook luister na ‘n kort voorlesing uit Susanna Clarke se PIRANESI.

Woensdag 27 Januarie 2021

Skrywers en boeke 27 Januarie 2021

Ilse Salzwedel gesels met Louis Jansen van Vuuren oor sy biografiese vertellinge, AMPER FRANS. Prof. Ryan Blumenthal, ‘n forensiese patoloog, praat oor sy nie-fiksie werk, AUTOPSY. Esté Gross lees ‘n rubriek voor uit Annelie Botes se bundel VOETSTOOTS, en Johan Myburg fokus op die digters Amanda Gorman en Seamus Heaney.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: