06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Gustav Greyling
Renske Jacobs

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 22 September 2021

Skrywers en boeke 22 September 2021

Ilse Salzwedel gesels met Francois Smit, bekroonde skrywer van DIE GETUIENIS, wat onlangs verskyn het. Francois gee ook goeie skryfraad vir aspirantskrywers. Madelein Rust beantwoord vyf vrae oor haar jongste spanningsroman 25 TRAPPE NA BENEDE.  Jy kan ook uitvind wie is die wenners van vanjaar se ATKV Woordveertjies. In sy internasionale insetsel vertel Johan Myburg onder andere meer oor die boeke op die kortlys vir vanjaar se Bookerprys.

Woensdag 15 September 2021

Skrywers en boeke 15 September 2021

Ons bring hulde aan die dramaturg en digter, Pieter Fourie. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg oor die Queensland Premier-letterkundepryse, dreigemente van politieke vervolging deur die regime in Nicaragua teen die skrywer Sergio Ramirez, en meer oor Piranessi, die roman wat pas aangewys is as wenner van die 2021 Women’s Prize for Fiction. Jy kan ook luister na ‘n uittreksel uit ‘n onderhoud met die skrywer van Piranessi, Susanna Clarke.

Woensdag 8 September 2021

Skrywers en boeke 8 September 2021

Ilse Salzwedel gesels met Jaco Fouche, skrywer van SIMOELÉGRI. Jy kan luister na ‘n uittreksel uit ‘n huldigingsprogram oor die werk van prof. J.C. Steyn, taalkenner, skrywer, digter en biograaf, wat die naweek oorlede is. Johan Myburg het nuus oor nuwe werk uit die pen van Salman Rushdie en Colm Toibin, en Kazuo Ishiguro gesels oor die moontlikheid dat ‘n robot dalk ‘n roman kan skryf.

Woensdag 1 September 2021

Skrywers en boeke 1 September 2021

Ilse Salzwedel gesels met die kinderboekskrywer, illustreerder en skepper van grafiese romans, Andre Trantraal, en Marie Lotz, skrywer van die misdaadroman ROOFDIER. Johan Myburg gesels oor ‘n nuwe Britse letterkundige prys vir vroueskrywers, die Nigeriese skrywer Chibundu Onuzo se nuwe roman en die 100ste herdenking van die geboorte van een van Ierland se bekendste skrywers, Brian Moore. En daar is nuus oor die finaliste vir die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar vir 2021 en ‘n skryfskool in sprokiesagtige Kaapsehoop.

Woensdag 25 Augustus 2021

Skrywers en boeke 25 Augustus 2021

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Ingrid Winterbach oor haar jongste roman VOOROUER. PELGRIM. BERG. Daar is meer inligting oor vanjaar se ATKV Woordveertjie-finaliste en die wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings. In Johan Myburg se insetsel kan jy luister na ‘n uittreksel uit ‘n onderhoud met die topverkoperskrywer Khaled Hosseini. Daar is ook nuus oor ‘n roman gegrond op die lewe van die Griekse skrywer Nikos Kazantzakis en ‘n nuwe biografie oor Elisabeth Barret Browning.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: