15:00 - 16:00

Goue oues

Met Eloise Cupido

Nou op die lug: 16:00 - 19:00

RSG Sport

Met Johan Rademan

Johan Rademan

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Kiskenades

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Geloof wat grondvat

Sondag 13 Desember 2020

Geloof wat grondvat 13 Desember 2020

Hulle is veronderstel om saam te staan, saam te werk en saam te glo, veral Christelike kerke. Maar gebeur dit so, of is daar min sigbaar van die sogenaamde eenheid tussen lidmate in ‘n gemeente en kerke onder mekaar vanweë onverkwiklike konflikte? Hoe kan so iets hanteer word?  Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en ds. Peter Adams.

Sondag 6 Desember 2020

Geloof wat grondvat 6 Desember 2020

Baie mense wonder waarom daar so baie pyn en lyding in die wêreld is. Is God dan nie in beheer nie? Kan Hy dit nie keer nie? Waarom is daar motorongelukke, verkragting, moord en ongeneeslike siektes? Waar is God in alles? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en ds. Trevor Links.

Sondag 29 November 2020

Geloof wat grondvat 29 November 2020

Met die Covid-19-pandemie in volle swang, is daar baie Christene wat meen dat Openbaring daarop wys dat ons naby die einde van die wêreld is. Hoe korrek is dit? Hoe relevant is Openbaring vir mense van die 21ste eeu? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en prof. Jan du Rand.

Sondag 22 November 2020

Geloof wat grondvat 22 November 2020

Deur die eeue is daar verskeie vertalings van die Bybel gemaak. Daat het pas weer een in Afrikaans verskyn. Is dit nodig vir nog ‘n Bybelvertaling? Sê die ander nie reeds genoeg om te weet nie? Of is die ander vertalings verkeerd? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en prof. Andries Breytenbach, een van die vertalers.

Sondag 15 November 2020

Geloof wat grondvat 15 November 2020

Met die verskeidenheid kerke en godsdiensgroepe in die land, is die vraag nie net oor hulle bestaansreg nie, maar ook op watter manier dit dalk moontlik mag wees vir hulle om saam te werk. Flip Loots praat met prof.  Christina Landman en dr. Jacques Beukes oor samewerking tussen kerke en godsdiensgroepe.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: