23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Geloof wat grondvat

Sondag 8 November 2020

Geloof wat grondvat 8 November 2020

Die Kerk moet hulp verleen aan behoeftiges en ander in nood, maar wat nou as die Kerk nie geld daarvoor het nie? Mag die Kerk ‘n winsgewende besigheid bedryf om geld in te samel? Flip Loots vra aan prof. Christina Landman en ds. Stephen de Beer of die kerk en besigheid saam kan bestaan.

Sondag 1 November 2020

Geloof wat grondvat 1 November 2020

Deur die eeue heen was engele deel van Bybelse verhale. Mense glo ook in ‘n beskermengele, terwyl daar selfs diegene is wat meen dat kindertjies wat sterwe, engele word in die lewe hierna. Maar is daar wesens soos engele?

Sondag 25 Oktober 2020

Geloof wat grondvat 25 Oktober 2020

Sommige mense meen dat kerkbywoning op Sondae ‘n vervelige besigheid is met die prediker wat ‘n monoloog lewer. Ander voel dat mense net kerk toe kom om mooi klere te wys en ander te beskinder. Is die kerk en kerkbywoning besig om uit te sterf? Flip Loots wil by prof. Christina Landman en Tanya Pieterse weet wie gaan nog kerk toe.

Sondag 18 Oktober 2020

Geloof wat grondvat 18 Oktober 2020

Hoe dikwels moet ek iemand wat my benadeel het, vergewe? Die Bybel leer: sewentig maal sewe keer, d.w.s. amper ontelbare kere. Maar is dit so maklik? Moet ek nie maar net aanvaar wat gebeur het en weer aangaan met my lewe nie? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en dr. Eugene Baron.

Sondag 11 Oktober 2020

Geloof wat grondvat 11 Oktober 2020

Met die Covid-beperkings waar die regering kerke verbied het om bymekaar te kom vir eredienste, het die vraag van die verhouding tussen kerk en staat opnuut na vore gekom: wie is baas en wie is klaas? Flip Loots praat met prof. Christina Landman en dr. Wouter van Wyk oor die verhouding tussen Kerk en regering.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: