08:05 - 09:00

Loof die Here

Met Magdaleen Krüger

Nou op die lug: 09:00 - 09:40

Oggenddiens

Volgende: 09:40 - 10:00

Gelukwense aan Bejaardes

Met Sue Pyler-Slabbert

10:00 - 10:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Geloof wat grondvat

Sondag 18 April 2021

Geloof wat grondvat 18 April 2021

Met die huidige pandemie het die ekonomie ‘n knou weg as gevolg van die baie beperkende maatreëls. Selfs die kerk moes sy tradisionele manier van inkomste werf, aanpas, dikwels met negatiewe resultate. Hoe sal die kerk oorleef ná Covid-19?

Sondag 11 April 2021

Geloof wat grondvat 11 April 2021

'n Onlangse opname deur die Universiteit van Johannesburg en die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het bevind dat ‘n groot aantal mense nié die inenting teen die Corona-virus wil hê nie. Van die redes is onder andere vrae oor die inhoud van die entstof, asook die relatief kort tyd waarin dit ontwikkel is. Hoe nou gemaak?

Sondag 4 April 2021

Geloof wat grondvat 4 April 2021

Die sanger Bono het gesê: “Die opstanding was toe die heelal in die lewe van een Man ontplof het. Niks was daarna ooit weer dieselfde nie.” Tog het daar deur die jare baie nuwe Paasgebruike ontstaan soos paashase en paaseiers. In hoeverre pas dit in by die Paasherdenking en -vierings?

Sondag 27 Desember 2020

Geloof wat gronddvat 27 Desember 2020

Baie mense het vrae oor God se teenwoordigheid tydens die Covid-19-pandemie en gepaardgaande sterftes.  Waar is God nou? Draai Hy sy gesig weg van die wêreld met sy krisisse? Hoekom laat Hy die verskriklike pandemie los oor die aarde? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en prof. Alphonso Groenewald.

Sondag 20 Desember 2020

Geloof wat grondvat 20 Desember 2020

Oor enkele dae vier Christene wêreldwyd Kersfees om die geboorte van Jesus Christus te herdenk. Tog is daar baie vrae oor hierdie gebruik, en is daar selfs diegene wat beweer dat Kersfees in geheel geskrap moet word omdat dit heidense wortels het. Hoe nou gemaak? Moet ons Kersfees vier of nie? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en prof. Hennie Stander.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: