Genoeg vir een 200 ml-houer
1 kg suurdeegbrood
7 g suurdeegkorrels
10 g suiker
4 liter water
150 g vars gekapte seldery
5 g groentespeserye (Veggie spice)
Verhit die oond tot 200 grade Celsius.
Sny die brood in dik snye, en plaas op bakplaat om te rooster.
Rooster tot donkerbruin vir 25 tot 30 minute. Draai dit om na 15 minute.
Sny die brood in blokkies.
Meng die suurdeeg, suiker en groentespesery in ‘n bietjie water.
Voeg dit in groot houer met 4 liter water teen kamertemperatuur.
Voeg die brood en seldery by.
Bedek dit met ‘n vadoek, en laat dit vir 12 tot 14 uur teen kamertemperatuur staan.
Skep die brood uit in aparte skottel, en druk al die opgeweekte vloeistof terug in groot skottel.
Bedek die vloeistof met ‘n vakdoek, en laat dit gis vir 2 dae teen kamertemperatuur.
Verplaas vloeistof na ‘ngroot pan op die stoof, en laat dit stadig verminder oor ‘n lae hitte tot ‘n stroperige tekstuur – ongeveer 2 tot 3 ure.
Verwyder van stoof en laat dit afkoel.
Skep dit in ‘n glasbottel.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za