logo_sabc_header

21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Nou op die lug: 21:20 - 22:10

Musiek sonder grense

Met Veronique van Heyningen

Veronique van Heyningen

Volgende: 22:10 - 23:00

Jazz op RSG

Met Fran-Rico Lucas

23:00 - 23:10

Nuus & Weer

RSG en Hannon maak ’n moeder se dag

RSG skop sy Moedersdag-veldtog op ‘n hoë noot af met ‘n geleentheid vir ma’s en moederfigure landwyd om die grootste bederf nóg te ervaar! Hulle kan egter nie self inskryf nie – jy moet die MA in jou lewe benoem om aan dié opwindende Moedersdagkompetisie in samewerking met HANNON te kan deelneem. Jy het kans van 24 April tot 2 Mei om in te skryf, en om sodoende in aanmerking te kom vir die prys wat ‘n oormaak-sessie ter waarde van R25 000 deur HANNON, asook ‘n HANNON-geskenkpak ter waarde van R5000, insluit!

Die prys sluit in:

  • ‘n Konsultasie deur die Glam Guru.
  • ‘n Oormaak-sessie deur Hannon self, ter waarde van R25 000.
  • ‘n Hannon-geskenkpak ter waarde van R5000, propvol spesiaal uitgesoekte produkte.
  • ‘n Nuwe haarstyl.
  • Nuwe grimering en aanbevelings.
  • ’n Fotosessie.

Stuur ‘n e-pos na info@rsg.co.za met 100-woord motivering en ‘n vollengte- en gesig-foto van haar.

Die sluitingsdatum is 2 Mei 2024 om 16:00.

Klik hier vir die bepalings en voorwaardes.

RSG-radiodramaskryfkompetisie in samewerking met ATKV

Vanjaar vind die 28ste RSG-radiodramaskryfkompetisie plaas. Dit bied ‘n platform vir talentvolle skrywers om hulle kreatiwiteit ten toon te stel en hulle stories tot lewe te bring deur die boeiende medium van radio. Met ʼn totale pryspoel van R115 000 bied vanjaar se kompetisie aansienlike pryse vir deelnemers. Die sluitingsdatum is 30 Junie om 08:00. Klik op die hulpbronne hieronder vir meer inligting.

Klik hier om al die belangrike dokumente af te laai: https://www.rsgplus.org/rsg-atkv-2024-radiodramakompetisie

Foto's en Video's

Lise Roberts

Donderdag: 05:25 - 05:55

‘n Verandering in landbouchemie is noodsaaklik. SB Coetzee van AECI Plant Health verwys na ‘n sagter benadering wat deesdae vereis word, en hy verduidelik wat dit behels. Ons vind meer uit oor ‘n unieke gebruik van droë ys in landbou. Johan van den Berg is op sy pos met weernuus, en Chris Derksen gesels oor vleispryse.

Anthea Fredericks

Donderdag: 11:30 - 12:00

Ons fokus op die belangrike rol wat grootouers speel in die grootmaak van kinders. En, van watter ouderdom af mag kleintjies by oupa en ouma oornag? Sielkundige Fiona Doman-Olivier het die antwoorde.

Geen aanbieders

Donderdag: 14:45 - 15:00

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie
Regie: Denver Vraagom
EPISODE 42:
Wilma vertel vir Ester van dominee en Ryno wat nou ‘n aardbewing nooddiens-stasie in die kerksaal oprig nadat hy voor die kerkraad verskyn het. Hulle besluit om te gaan kyk wat daar aangaan. Ronel vertel vir Ryno van die babapop wat Lionel vir Jolene gekoop het om haar moederskap mee te oefen.

Hazel Janse van Rensburg

Donderdag: 19:30 - 20:00

Hazel Janse van Rensburg gesels met Christiaan Hougaard, hoof van die musiekdepartement by Muizenberg Junior Skool, oor die waarde van musiekopvoedkunde.

Geen aanbieders

Donderdag: 20:00 - 21:00

SHIRLEY SE SKULD deur Anene Loots
Regie: Joanie Combrink
In weerwil van die feit dat die bejaarde Rina in ‘n aftreeoord woon, wil sy steeds avonture aanpak en haar lewe geniet. Wanneer dit lyk of daar ‘n kans is dat sy, soos Shirley in die rolprent Shirley Valentine, op ‘n Griekse eiland kan gaan vakansie hou, is haar opgewondenheid groter as haar gesonde verstand. Onverwagse wendinge bring drama en konsternasie, met komiese gevolge. Die spelers is Susanne Beyers, Elsabe Daneel, Nic de Jager, Zenobia Kloppers, Dean Balie en Roeline Daneel. Anene Loots het in 2023 die merieteprys met hierdie drama gewen in die RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

Terrance April

Donderdag: 21:20 - 22:10

Luister na ‘n deel uit Mozart se Lodronische Nachtmuzik; ‘n mars van Nico Dostal; en ’n aria uit Mercadante se opera, DIE EED, gesing deur Jose Carerras.

Fliekrubriek

baby-reindeer-1

Baby Reindeer (Reeks)

9/10
Jy mag nie BABY REINDEER op Netflix ignoreer nie. Hierdie skokreeks het die hele wêreld aan die praat. Jy…
sugar-1

Sugar (Reeks)

8/10
SUGAR op Apple+ is ‘n huldeblyk aan Film Noir, daardie donker filmgenre van die jare 40 en 50 waarin…

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media:

Resepte

broodenbotterpoeding
Close Menu