19:30 - 20:00

Kompas

Met Barrie Ferreira

Nou op die lug: 20:00 - 21:00

Oppiradio

Met Haidee Muller-Isaacs

Haidee Muller-Isaacs

Volgende: 21:00 - 21:10

Nuus & Weer

21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 15 Junie 2019

Sterre en planete

Prof Matie Hofmann praat oor supernovas en hoeveel van hulle al deur die Subaru teleskoop van Japan gesien is. In die ruimtenuus is daar 'n berig dat die internasionale ruimtestasie aanstaande jaar vir ruimtetoeriste oopgestel kan word maar as u beplan om daar besoek te gaan aflê gaan dit u 'n hele paar miljoen rand uit die sak jaag. Hydrazine is 'n spesiale soort brandstof wat gebruik word om stumotors van ruimtetuie in die ruimte te manuvreer maar dit lyk of daar 'n veiliger meer doeltreffender middel ontwikkel word.

Saterdag 8 Junie 2019

Sterre en planete

As 'n mens saans opkyk na die sterre wonder jy hoeveel sterre daar is. Prof Matie Hofmann verduidelik na aanleiding van 'n luisteraarsvraag hoeveel sterre daar na berekening is. Dit is nou sterre waarvan die mens weet. Werk word steeds gedoen aan die James Webb ruimteteleskoop en die instrument het onlangs 'n sogenaamde termiese vakuumtoets geslaag. Willie Koorts verduidelik hoe so 'n toets presies werk.

Saterdag 1 Junie 2019

Sterre en planete

Wat is die definisie van niks? Die span beantwoord hierdie vraag na aanleiding van 'n luisteraarsvraag - Is daar iets soos niks in die ruimte? Daar word ook gepraat oor die duisende satelliete wat om die aarde wentel, en of die satelliete se aktiwiteit nie die werking van die SKA-radioteleskope kan beïnvloed nie. En dr. Japie van Zyl vertel wat gedoen moet word as jy 'n plek vir jou satelliete in die ruimte wil bespreek.

Saterdag 25 Mei 2019

Sterre en planete

Wat is die verskil tussen klank- en liggolwe? Wat gebeur wanneer twee sterrestelsels met mekaar bots? Ruimtewetenskaplikes het vasgestel dat Andromeda, 'n galaksie wat 2,4 miljoen ligjaar van ons af is, stadig besig is om nader aan ons eie sterrestelsel, die Melkweg, te beweeg.

Saterdag 18 Mei 2019

Sterre en planete

Kobus Olckers, 'n ruimteweerkenner, praat hy oor begrippe wat dikwels in sy ruimteweervoorspelling gehoor word. Dit is allles verskynsels wat op die son waargeneem kan word. Wat is 'n koronagat? Hoe lyk 'n filament? En hoe word sonvlekke gevorm? Hy praat ook oor 'n koronamassa-uitbarsting.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: