12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 11 Mei 2019

Sterre en planete

Waarom is ruimtewetenskaplikes en sterrekundiges nou al gaande oor 'n asteroïed wat eers oor 'n dekade by die aarde sal verby kom? Daar word ook gepraat oor 'n satellietprogram wat onderaardse water kan meet. Die tyd van die jaar is dit, wat die sterrehemel betref, die oorgangsfase. Die Orion-konstellasiegroep is stadig besig om saans in die weste te sak, terwyl die winterkonstellasie met die Skerpioen geleidelik uit die ooste opkom. Willie Koorts gesels oor die sterre wat tans te sien is. Daar is ook twee planete wat later in die aand opkom.

Saterdag 4 Mei 2019

Sterre en planete

Die span kyk na nuwe navorsing wat daarop dui dat die ruimte vinniger uitdy as wat aanvanklik verwag is. Dr Japie van Zyl gesels ook oor die groot aantal satelliete wat om die aarde wentel, en hoe daar bepaal word op watter hoogte sekere satelliete moet wentel. Dis ook belangrik om te weet of die satelliet 'n sirkelvormige of elliptiese baan moet hê.

Saterdag 27 April 2019

Sterre en planete

Een van die tergende vrae oor die ruimte is of dit grense het. Dit is een van die luisteraarsvrae wat beantwoord word. Daar is 'n gesprek oor die probleem van ruimterommel en watter oplossings daar is. Die span praat ook oor die wêreld se grootste vliegtuig wat pas sy eerste toetsvlug onderneem het. Die vliegtuig gaan ingespan word om vuurpyle uit die lug te lanseer.

Saterdag 20 April 2019

Sterre en planete

Daar was groot opgewonderheid verlede week oor 'n eerste in ruimtewetenskap toe 'n gravitasiekolk “afgeneem” is. Is dit werklik afgeneem? Die span verduidelik presies hoe dit gedoen is. 'n Luisteraarsvraag word ook beantwoord oor wat die aarde laat roteer. Nog 'n vraag oor 'n voorwerp op die maan, word ook beantwoord.

Saterdag 13 April 2019

Sterre en planete

Die meeste planete in ons sonnestelsel het dieselfde rotasierigting. Daar is egter twee wat heeltemal anders roteer as die res. Daar is ook inligting oor waar die Parker-sonsatelliet hom bevind, en of daar al resultate is. Een van die luisteraars het 'n vraag gevra oor 'n helder voorwerp wat hy gesien het. Die voorwerp het helder geflits en toe verdwyn. Willie Koorts prrobeer die vraag beantwoord.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: