23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 20 Julie 2019

Sterre en planete

Hoe ruik maanrots? Die program word gewy aan die maanlanding 50 jaar gelede. Daar is 'n paar interessante feite oor die maanlanding waaroor daar nie elke dag gepraat word nie, byvoorbeeld dat Neil Armstrong tydens 'n toetsvlug op aarde byna sy lewe verloor het, en dat die bekende woorde “One small step for man, one giant leap for mankind” onbepland was. Armstrong het die woorde sommer opgemaak. Ook interessant is die feit dat die datastroom van die maan af om die TV-beelde na die aarde te dra, 51,2 kilogrepe per sekonde was.

Saterdag 13 Julie 2019

Sterre en planete

Die son het 'n magnetiese polariteitsiklus van ongeveer 11 jaar. Kobus Olckers praat oor nuwe inligting oor die siklus, en hoe sekere planete 'n rol hierin speel. Tot dusver het voertuie wat op die maan en Mars rondbeweeg het van tradisionele aandrywing gebruik gemaak, met ander woorde vierwielaandrywing. Die Europese Ruimte-agentskap het nou 'n ander metode ontwikkel wat 'n tuig as't ware van een punt na 'n ander laat bokspring!

Saterdag 6 Julie 2019

Sterre en planete

Die datum, 20 Julie, waarop die eerste mens sy voet op die maan gesit het kom nou nader. Dr. Japie van Zyl van Hydrosat praat oor die tegnologie wat destyds bestaan het en hoe die Amerikaners dit tog reggekry het om hulle tuig, die “Eagle” op die maanoppervlak te laat land. Daar is ook inligting oor die “Dragonfly”-projek van Nasa om 'n tuig na een van Saturnus se mane, Titan, te stuur.

Saterdag 29 Junie 2019

Sterre en planete

Die span het al voorheen gepraat oor die teenwoordigheid van metaangas op Mars. Dit het onlangs bekend geword dat daar 'n onverklaarbare piek in die teenwoordigheid van die gas op die planeet was. Dis een van die onderwerpe waaroor gesels word in die program. 'n Mylpaal is bereik toe 'n Falcon Heavy vuurpyl met 'n hele handvol satelliete die ruimte in geskiet is en boonop is die meeste dele van die vuurpyl herwin toe dit weer veiling op terra firma geland het.

Saterdag 22 Junie 2019

Sterre en planete

Wat presies is die verskil tussen 'n sterrekundige, astrofisikus en kosmoloog? Dit is een van die sake wat bespreek word in die aflewering van Sterre en Planete. Kobus Olckers bespreek ook wat presies 'n atoomklok is en hoe so 'n klok ruimtetuie kan help om rigting te bepaal. Die ster Canopus het in die verlede 'n belangrike rol gespeel in die navigasie van ruimtetuie. Daar is ook meer inligting oor sg Noctulucente wolke wat soms net na sononder hoog in die lug verskyn.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: