logo_sabc_header

10:00 - 10:05

Nuus

Nou op die lug: 10:05 - 11:00

Reis sonder grense

Met Johan Rademan

Johan Rademan

Volgende: 11:00 - 11:05

Nuus

11:05 - 11:45

Saterdagresep

Met Sue Pyler-Slabbert

RSG en Hannon maak ’n moeder se dag

RSG skop sy Moedersdag-veldtog op ‘n hoë noot af met ‘n geleentheid vir ma’s en moederfigure landwyd om die grootste bederf nóg te ervaar! Hulle kan egter nie self inskryf nie – jy moet die MA in jou lewe benoem om aan dié opwindende Moedersdagkompetisie in samewerking met HANNON te kan deelneem. Jy het kans van 24 April tot 2 Mei om in te skryf, en om sodoende in aanmerking te kom vir die prys wat ‘n oormaak-sessie ter waarde van R25 000 deur HANNON, asook ‘n HANNON-geskenkpak ter waarde van R5000, insluit!

Die prys sluit in:

  • ‘n Konsultasie deur die Glam Guru.
  • ‘n Oormaak-sessie deur Hannon self, ter waarde van R25 000.
  • ‘n Hannon-geskenkpak ter waarde van R5000, propvol spesiaal uitgesoekte produkte.
  • ‘n Nuwe haarstyl.
  • Nuwe grimering en aanbevelings.
  • ’n Fotosessie.

Stuur ‘n e-pos na info@rsg.co.za met 100-woord motivering en ‘n vollengte- en gesig-foto van haar.

Die sluitingsdatum is 2 Mei 2024 om 16:00.

Klik hier vir die bepalings en voorwaardes.

RSG-radiodramaskryfkompetisie in samewerking met ATKV

Vanjaar vind die 28ste RSG-radiodramaskryfkompetisie plaas. Dit bied ‘n platform vir talentvolle skrywers om hulle kreatiwiteit ten toon te stel en hulle stories tot lewe te bring deur die boeiende medium van radio. Met ʼn totale pryspoel van R115 000 bied vanjaar se kompetisie aansienlike pryse vir deelnemers. Die sluitingsdatum is 30 Junie om 08:00. Klik op die hulpbronne hieronder vir meer inligting.

Klik hier om al die belangrike dokumente af te laai: https://www.rsgplus.org/rsg-atkv-2024-radiodramakompetisie

Foto's en Video's

Eloise Pretorius

Saterdag: 11:45 - 12:00

Op ‘n plaas net buite Kaapstad word daar gretig met groente geboer. Byron Booysen sê dis vir hom veel belangriker om veilige, gesonde kos aan sy gemeenskap te lewer as om grootskaalse kontrakte los te slaan. Vasberadenheid is by hom ‘n wortelwoord. Dis ook heerlik om ‘n landbou-liefdesverhaal te deel. Dit was juis Byron se rissie-aanplanting wat destyds rooiwarm romanse aangevuur het. Ons kuier by ‘n jong man met ‘n hart vir sy naastes en ‘n oog op die toekoms, wat medemenslikheid sy mantra gemaak het.

Geen aanbieders

Saterdag: 19:05 - 19:15

Die speelgoed van die speelgoedkis besluit om ‘n toespraak te skryf. Maar eers moet hulle leer hoe om ‘n toespraak te skryf. Gelukkig is Kobus die Kameelperd en juffrou Veertjie Volstruis daar om hulle daarmee te help.

Lizelle de Bruin

Sondag: 07:10 - 08:00

Dr. Daniel de Wet praat oor die netwerke van samewerking in lande soos Mosambiek, Malawi en Zimbabwe. Die stigter van Ma’s vir Wellington, Stephanie Henderson, vertel van hulle winterprojek. Dr. Martin Barnard vertel van die NG Kerk Vishoek se 30 jaar van genade. Bettina Wyngaard praat oor die 2024 Andrew Murray-Desmund Tutu-prysfonds.

Ina Strydom

Sondag: 10:05 - 10:30

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het onlangs bekend gemaak aan wie sy gesogte pryse vanjaar toegeken word. Prof. Eleanor Cornelius, professor in Toegepaste Linguistiek is die ontvanger van die CL Engelbrech-prys vir Taalkunde vir haar boek, Gewone Taal – ‘n oorsig.  Sy vertel vir Ina Strydom wat “gewone taal” is en hoekom dit belangrik is.

Lise Swart

Sondag: 10:30 - 11:00

Hoekom verskil die spookvoël se roep so baie van ander voëls? Hoe word reënboë sonder kleur verklaar? Hoe is dit moontlik dat ystervarke amper alles vreet?

Jacqui January

Sondag: 11:05 - 11:30

Van der Spuy Brink het oornag die gehoor in sy een oor verloor, en geleidelik daarna ook in sy ander oor. Hy vertel van die ervaring, en dat sy gehoorverlies en doofheid deur jarelange blootstellig aan geraas gevolg het. Hy het kogliêre inplantings, en vertel van die uitdagings daarvan en hoe sy kommunikasievermoë binne gesinsverband geraak word. Rodney en Maria Lackay was tien jaar gelede in ‘n ongeluk, en die paartjie is beide sedertdien in ‘n rolstoel. Hulle vertel van hulle reis van genesing, en hulle lewenstaak om ander positief te beïnvloed. Die twee leef voluit, en bedryf hulle eie gastehuis.

Jody Hendricks

Sondag: 11:30 - 12:00

Arbeidskenner Chris Marias praat oor afleggings en werkgewers wat verskillende opsies oorweeg om by ‘n veranderende omgewing aan te pas. Personeelvermindering (aflegging) is die afdanking van ‘n werknemer op grond van die werkgewer se operasionele vereistes.

Johan van Lill

Sondag: 18:10 - 18:30

Johan van Lill praat met dr. Juane van der Merwe oor die grondwet en opvoedkunde: Wat is ons grondwetlike regte op verskillende vlakke van opvoedkunde en onderwys?

Susan Booyens

Sondag: 19:00 - 19:30

Susan Booyens praat met prof. Sakkie Cornelius van die Departement Antieke Studie aan die Universiteit Stellenbosch oor die fassinerende geskiedenis van ou Mesopotamië.

Willie Koorts

Sondag: 19:30 - 20:00

Ons sit ons reeks voort van klanke uit die Sterre en Planete-argief, maar dié keer met ’n effense kinkel. Na Lafras Smit ons op hoogte bring van wat ons in die naghemel kan sien, en waar om te soek vir komeet Pons-Brooks, bespreek ons hoekom dit so lank neem voor mense weer die maan sal kan besoek.

Charl van Heyningen

Sondag: 21:10 - 23:00

Luister na musiek uit Don Pasquale en L’elisir d’amore van Donizetti, Don Giovanni, Die Huwelik van Figaro en Die Towerfluit van Mozart, Simon Boccanegra van Verdi en die onbekende opera Loreley van Catalani. Van die sangers is Dmitri Hvorostovsky, Anna Moffo, Beverley Sills, Kiri Te Kanawa, Fritz Wunderlich, Lucia Popp en Ghena Dimitrova.

Fliekrubriek

baby-reindeer-1

Baby Reindeer (Reeks)

9/10
Jy mag nie BABY REINDEER op Netflix ignoreer nie. Hierdie skokreeks het die hele wêreld aan die praat. Jy…
sugar-1

Sugar (Reeks)

8/10
SUGAR op Apple+ is ‘n huldeblyk aan Film Noir, daardie donker filmgenre van die jare 40 en 50 waarin…

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media:

Resepte

xr:d:DAE-pbGlqHw:586,j:42318725087,t:22112720
Maandag 22 April 2024
Close Menu