Die Kairos Netwerk en die NG Kerk

Die afgelope Algemene Sinode van die NG Kerk het met ‘n oorweldigende meerderheid die 2019-besluit oor verbintenisse tussen lidmate van dieselfde geslag, gehandhaaf, maar ‘n aantal ander aksentpunte bygevoeg. Die Kairos Netwerk is ‘n groep ongelukkige gemeentes binne die NG Kerk, wat hul eie sinode, die Koinonia-sinode, in Mei vanjaar gehou het. Hulle is onder meer ongelukkig met die gay-besluit van die NG Kerk en oor teologiese opleiding. Ons praat hieroor met dr. Anton Knoetze, voorsitter van die Kairos Netwerk en die Koinonia-sinode.