19:00 - 19:30

Só glo ek - die verhaal van godsdiens

Met Susan Booyens

Nou op die lug: 19:30 - 20:00

Sterre en planete

Met Willie Koorts

Willie Koorts

Volgende: 20:00 - 21:00

Kommentaar

Met Suzanne Paxton

21:00 - 21:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sondagjoernaal

Sondag 13 Junie 2021

Sondagjoernaal 13 Junie 2021

Prof. Fanie Snyman van die Universiteit van die Vrystaat praat oor dankbaarheid in die Ou Testament. Maatskaplike werker Louise Spies vertel van die Living Network Krisissentrum in Bellville in die Kaap. Erna Rheeder van FAMNET praat oor gesinne en ouers wat van die huis af werk. Chris de Beer vertel wat om te doen as jy van beroep moet verander.

Sondag 6 Junie 2021

Sondagjoernaal 6 Junie 2021

Ds. Dewald Hoffmann, voorsitter van die ekologietaakspan van die NG kerk, praat oor die kerk se fokus op ekoteologie. Elize van Platen van Strubensvallei gesels oor haar pad met kanker, en die rol wat geloof in haar lewe speel. Die sanger Dewald Gous vertel van sy ervaring tydens die inperking. Jessica Lottering en Quinten Adams van die Agterplaas Universiteit praat oor hulle werk.

Sondag 30 Mei 2021

Sondagjoernaal 30 Mei 2021

Dr. Frederick Marais, ‘n seniordosent en navorser by die Universiteit Stellenbosch, praat oor die week van Pinkster en hoe hulle dit anders aangepak het. Lizanda Beer van Port Elizabeth vertel van haar werk onder die jeug. Die sanger Jannie Moolman vertel van sy ervaring tydens die inperking. Hanno Degenaar van Ablaze ministries vertel van hulle werk, en sy geloofspad.

Sondag 23 Mei 2021

Sondagjoernaal 23 Mei 2021

Dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis praat oor Pinkster. Piet van der Westhuizen praat oor sy kaskarbediening. Ebraim Hull, tuinier by die Harold Porter Nasionale Botaniese Tuin, vertel van sy werk met jongmense. Johannes de Villiers, joernalis en dosent, gesels oor dankbaarheid en blydskap.

Sondag 16 Mei 2021

Sondagjoernaal 16 Mei 2021

Isabel Murray van die kerkargief vertel ‘n paar interessante stories waaroor hulle navorsing doen. Dr. Waldi Terblanche, Koördineerder: Bejaarde- en Gestremdesorg, praat oor bejaardesorg en die inperking. Stefaans Coetzee wat 19 jaar gelede die Worcesterbomme geplant het, praat oor sy pad met geloof. Neels Jackson, afgetrede joernalis, praat  oor sy 30 jaar van kerkverslaggewing, en hoe die kerk oor 30 jaar verander het.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: