23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Sondag)

Volgende: 06:00 - 06:10

Nuus & Weer

06:10 - 06:55

Oggendstemming

Met Tharien Oosthuizen

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sondagjoernaal

Sondag 18 Julie 2021

Sondagjoernaal 18 Julie 2021

Ds. Rudi Swanepoel van die Andrew Murray gemeente in Johannesburg praat oor tekens in die Bybel, en die simboliek daarvan. Ds. Le-Anke de Lange van Lichtenburg vertel van hulle Bome van Hoop-projek. Ds. Peet van Zyl van Gobabis vertel van die pastorie wat as Covid-tussenhuis ingerig is vir pasiënte wat herstel. Orrelis Zorada Temmingh praat oor die lui-orde van die kerkklokke op Stellenbosch by die  Moedergemeente.

Sondag 11 Julie 2021

Sondagjoernaal 11 Julie 2021

Ronel Snyman van The Cradle of Hope in Krugersdorp praat oor die werk wat hulle doen. Ds. David Botha, afgetrede predikant en ontvanger van die Elise Tempelhoff-toekenning vir sy bydrae tot die bewustheid van ekologiese bewaring, gesels oor ons verhouding met grond. Amore Bekker vertel van haar staptog in die Noord-Kaap, en die erge droogte daar. Sakekonsultant dr. Gustav Gous praat oor angs, en hoe om dit onder beheer te kry.

Sondag 4 Julie 2021

Sondagjoernaal 4 Julie 2021

Prokureur Daniella Ellerbeck van FOR SA praat oor die voorgestelde wysigings aan die Gelykheidswet. Ds. De la Harpe le Roux van die Towers of Hope Leadership Foundation by die Tweetoringkerk in Bloemfontein praat oor hulle werk. Therené Nel en Melanie Labuschagne vertel van hulle bediening vir vroue op soek na identiteit. Dr. Annes Nel, professor in Praktiese Teologie aan die St. Petersburg Universiteit in Rusland, praat oor sy werk.

Sondag 27 Junie 2021

Sondagjoernaal 27 Junie 2021

Ds. Schalk van Heerden, predikant by die Fontainebleau Gemeenskapskerk in Johannesburg, praat oor die werk van die Betereinders organisasie. Kletsrymer Luigi April vertel van sy werk in die gemeenskap. Elmarie van Schalkwyk, Uitvoerende Bestuurder van Sunfield Homes op Wellington, vertel van hulle werk. Ds. Ivor Swartz van die Oosterlig-gemeente in Pretoria gesels oor sy pad met geloof.

Sondag 20 Junie 2021

Sondagjoernaal 20 Junie 2021

Eerwaarde dr. Ruth Jonas van die Bybelgenootskap vertel van die African Women Devotional Bible waaraan 13 vroue uit Suid-Afrika gewerk het. Dr. Stephan Joubert van die E-kerk praat oor die woord, Vader, en die metaforiese betekenis daarvan. Mike Burnhard van Dia-Logos gesels oor hulle werk in die gemeenskap. Johannes de Villiers, ‘n dosent aan die Universiteit van die Vrystaat, praat oor jou ingesteldheid en om met minder goed om jou saam te leef.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: