19:30 - 20:00

Kompas

Met Hazel Janse van Rensburg

Nou op die lug: 20:00 - 21:00

RSG Kuns

Met Christelle Webb-Joubert

Christelle Webb-Joubert

Volgende: 21:00 - 21:10

Nuus & Weer

21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sondagjoernaal

Sondag 5 Desember 2021

Sondagjoernaal 5 Desember 2021

Dr. Dave Viljoen van Kenridge praat oor die kleure van Kersfees. Ds. Antoinette Wilson van Lydenburg vertel hoe om Kersfees vir kinders interessant te maak. Ds. Neels van Tonder van Warmbad praat oor hoe die stal sou gelyk het waarin Jesus waarskynlik gebore is. Dr. Jannie le Roux praat oor dankbaarheid en hoop.

Sondag 28 November 2021

Sondagjoernaal 28 November 2021

Dr. Pieter van der Walt, verbonde aan die teologiese fakulteit van Stellenbosch, en dr. Etienne van der Wal, neuroloog, praat oor die Fibonacci-syferreeks en die teenpole van geloof en wetenskap.Stephan Walters van SIM-sending vertel van sy gesin se werk in Peru in die Andes-gebergte. Landdros Charl van Niekerk praat oor boeliegedrag, sy dogter se dood, en hoe hy as pa dit ervaar het. Dr. Ansa van Geest praat oor haar ervaring tydens Covid.

Sondag 21 November 2021

Sondagjoernaal 21 November 2021

Ds. Jan Oberholzer van die Dowe Familiekerk op Worcester praat oor die gemeente se uitdagings. Monique Strydom van Matla-a-bana vertel van hulle werk saam met die polisie om die aanmelding van geweld teen kinders makliker te maak. Bettina Wyngaardt, prokureur en aktivis, praat oor die rol van die kerk met die beskerming van vroue en kinders. Adri van Niekerk, ‘n berader, praat oor boeliegedrag en haar dogter se dood.

Sondag 14 November 2021

Sondagjoernaal 14 November 2021

Ds. Francois Sieberhagen van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika vertel van hulle nuwe gratis toepassing vir slimfone. Skrywer, Melanie Vosloo praat oor haar jongste boek, KRAG VIR ELKE DAG. Ds. Scherlize van der Merwe van die Ysterplaat Gemeenskapskerk vertel van hulle Isibindi-projek. Skrywer Riekert Botha praat oor sy boek, WEES OOR NIKS BESORG NIE.

Sondag 7 November 2021

Sondagjoernaal 7 November 2021

Dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke getuienis praat oor die Hoop- en Versoeningstrust se projekte. Ds. Lambert Jacobs van die Stellenbosch-Noord gemeente praat oor hulle plek in die gemeenskap as ‘n gemeenskapsentrum. Angus Buchan, evangelis en skrywer, praat oor sy boek. Ds. Eric Swanepoel van Incontext International praat oor die waarde van ‘n getuienis.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: